Krim-Tataars
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Krim-Tatare.
Krim-Tataars Qırımtatarca, Qırımtatar tili Къырымтатарджа, Къырымтатар тили Ҡырымтатарҗа, Ҡырымтатар тили | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [qɯrɯmtɑtɑrˈd͡ʒɑ] | |
Gepraat in: | Bulgarye Kirgisië Roemenië Rusland Turkye Oekraïne Oesbekistan | |
Gebied: | Krim | |
Totale sprekers: | 573 540[1] | |
Taalfamilie: | Altaïes Turkies Kiptsjak Kiptsjak-Koeman-Oghoer Krim-Tataars | |
Skrifstelsel: | Cyrilliese en Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Krim | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | crh | |
ISO 639-3: | crh | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Krim-Tataars of Krim-Turks (Къырымтатарджа Qırımtatarca, Къырымтатар тили Qırımtatar tili, [qɯrɯmtɑtɑrˈd͡ʒɑ]) is 'n Turkiese taal wat deur die Krim-Tatare op die Krim-skiereiland gepraat word. Sedert die 20ste eeu, na grootskaalse emigrasie van die Krim-Tatare, word die taal ook in Roemenië, Bulgarye en Turkye gepraat. Daar is ook klein gemeenskappe in die Verenigde State en Kanada.
Die taal word deur 573 540 mense as moedertaal gebruik. Dit bestaan uit drie dialekte: dialek van die Noğays, dialek van Yalıboylus en die dialek van die Tats.
Krim-Tataars moet nie met Tartaars, wat in Rusland gepraat word, verwar word nie. Hoewel die twee tale aan mekaar verwant is, is dit nie onderling verstaanbaar nie. Krim-Tataars is op groot skaal deur nabygeleë Oghoer-Turkiese tale soos Turks, Turkmeens en Azerbeidjans beïnvloed.
Skryfstelsels
[wysig | wysig bron]Beide die Cyrilliese- en Latynse alfabet kan vir die skryf van Krim-Tataars gebruik word.
Latynse alfabet
[wysig | wysig bron]Beide  en â word as dieselfde letter beskou.
a | b | c | ç | d | e | f | g | ğ | h | ı | i | j | k | l | m | n | ñ | o | ö | p | q | r | s | ş | t | u | ü | v | y | z |
[a] | [b] | [dʒ] | [tʃ] | [d] | [e] | [f] | [ɡ] | [ɣ] | [x] | [ɯ] | [i], [ɪ] | [ʒ] | [k] | [l] | [m] | [n] | [ŋ] | [o] | [ø] | [p] | [q] | [r] | [s] | [ʃ] | [t] | [u] | [y] | [v], [w] | [j] | [z] |
Cyrilliese alfabet
[wysig | wysig bron]а | б | в | г | гъ | д | е | ё | ж | з | и | й | к | къ | л | м | н | нъ | o | п | p | c | т | у | ф | x | ц | ч | дж | ш | щ | ъ | ы | ь | э | ю | я |
[a] | [b] | [v],[w] | [ɡ] | [ɣ] | [d] | [ɛ],[jɛ] | [ø],[jø],[jo],[ʲo] | [ʒ] | [z] | [i],[ɪ] | [j] | [k] | [q] | [l],[ɫ] | [m] | [n] | [ŋ] | [o],[ø] | [p] | [r] | [s] | [t] | [u],[y] | [f] | [x] | [ts] | [tʃ] | [dʒ | [ʃ] | [ʃtʃ] | [(.j)] | [ɨ] | [ʲ] | [ɛ] | [y],[jy],[ju],[ʲu] | [ʲa], [ja] |
гъ, къ, нъ en дж is aparte letters.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Crimean Tatar" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op 5 November 2017.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Krim-Tataars.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Krim-Tataars.