Frederik III van Denemarke
Frederik III | |
---|---|
Koning van Denemarke en Noorweë | |
Tydperk | 28 Februarie 1648 – 9 Februarie 1670 |
Voorganger | Christiaan IV |
Opvolger | Christiaan V |
Huis | Oldenburg |
Vrou | Sophie Amalie van Brunswyk-Lüneburg |
Vader | Christiaan IV |
Moeder | Anna Katharina van Brandenburg |
Gebore | 18 Maart 1609, Haderslev |
Oorlede | 19 Februarie 1670 (op 60), Kopenhagen |
Frederik III (18 Maart 1609 - 9 Februarie 1670[1]) was van 1684 tot met sy dood in 1670 koning van Denemarke en Noorweë. Hy was ook onder die naam Frederik II bestuurder (plaaslik prins-biskop genoem) van Verde (1623–'29 en weer 1634–'44) en bestuurder (prins-aartsbiskop) van Bremen (1635–'45).
Lewe
[wysig | wysig bron]Hy was die tweede oudste seun van Christiaan IV en Anna Katharina van Brandenburg. Hy is eers as troonopvolger oorweeg ná die dood van sy ouer broer, prins Christiaan, in 1647.
Om as koning gekies te word ná sy pa se dood het hy aansienlike invloed aan die adel oorgedra. Hy is in 1648 deur die Ryksraad as monarg aanvaar. As koning het hy twee oorloë teen Swede gevoer. Hy is in die oorlog van 1657 tot 1658 verslaan, maar het baie gewild geword nadat hy die oorlog van 1658 tot 1660 gewen het. Later daardie jaar het hy sy gewildheid gebruik om van die verkose monargie ontslae te raak en ’n absolute monargie in die plek daarvan in te stel; dit is in 1665 deur die wet bekragtig en het tot 1848 geduur.
Frederik het met Sophie Amalie van Brunswyk-Lüneburg getrou, by wie hy sy erfgenaam en troonopvolger, Christiaan V, gehad het.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Den Store Danske Encyklopædi (Die Groot Deen Ensiklopedie)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Die Koninklike Stamboek Geargiveer 14 Maart 2015 op Wayback Machine op die webtuiste van die Deense Monargie
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Frederik III van Denemarke.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia