2 Maart
Voorkoms
<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
2 Maart is die 61ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (62ste in skrikkeljare). Daar volg nog 304 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1476 – Veldslag van Grandson. 18000 Soldate van die Switserse Bondgenootskap wat die verdedigers van Grandson te hulp gesnel het, vernietig die Boergondiese lëer en buit 400 kanonne, 10000 perde en juwele van etlike miljoen Frank se waarde.
- 1539 − Pous Paulus III stel Ugo Boncompagni (later Pous Gregorius XIII) aan as solleciatore van pouslike briewe.
- 1654 − Pous Innocentius X stel nog sewe kardinale aan, waaronder Giambattista Spada, titulêr patriarg van Konstantinopel.
- 1679 − Pous Innocentius XI publiseer die bul Sanctissimus Dominus waarin kasuïsme veroordeel word.
- 1733 − Pous Clemens XII stel Domenico Riviera, apostoliese protonotarius aan as kardinaal.
- 1798 – Die Franse generaals Schauenburg en Brune beset die Switserse stede Solothurn en Freiburg.
- 1836 − Texaanse Onafhanklikheidsoorlog: Die Republiek van Texas verklaar onafhanklikheid van Meksiko.
- 1845 − Ds. P.K. Albertyn word leraar van die NG gemeente Prins Albert.
- 1939 − Pous Pius XII volg Pous Pius XI op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1940 − Die hoeksteen van die NG gemeente Fordsburg in die voorstad Mayfair gelê.
- 1940 − Die kerkraad van die NG gemeente Gobabis beroep sy eerste predikant, prop. F.J. Hay. Hy neem die beroep aan.
- 1943 − Tweede Wêreldoorlog: Australiese en Amerikaanse Lugmagte val 'n groot konvooi van die Japannese Keiserlike Vloot onderweg na Nieu-Guinee in die Slag van die Bismarcksee aan.
- 1956 – Die Franse deel van Marokko word onafhanklik.
- 1998 − Water word ontdek op Europa, 'n maan van die planeet Jupiter.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1459 − Adriaan Florenszoon Boeyens (later Pous Adrianus VI), die 218de pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1523).
- 1760 – Camille Desmoulins, Franse advokaat en rewolusionêr († 1794).
- 1810 − Gioacchino Pecci (later Pous Leo XIII), die 256ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1903).
- 1876 − Eugenio Pacelli (later Pous Pius XII) († 1958).
- 1931 – Michail Gorbatsjof, Russiese politikus en invloedryke Sowjetleier († 2022).
- 1940 − Frederik van Zyl Slabbert, Suid-Afrikaanse politikus, akademikus en besigheidsman († 2010).
- 1942 − Lou Reed, Amerikaanse musikant en fotograaf († 2013).
- 1942 − Mir-Hossein Mousavi, Iranse politikus.
- 1942 − Ernst van der Walt, Suid-Afrikaanse predikant.
- 1962 – Jon Bon Jovi, Amerikaanse sanger/liedjieskrywer en akteur.
- 1968 – Daniel Craig, Britse akteur, huidige James Bond.
- 1980 – Ingrid Bolsø Berdal, Noorse aktrise en vervaardiger.
- 1984 – Ian Sinclair, Amerikaanse akteur.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 274 – Mani, van Irannese herkoms en was die profeet en stigter van Manigeïsme (* 216).
- 1797 – Horace Walpole, Engelse kunshistorikus, skrywer, intellektueel, antikwaar en politikus (* 1717).
- 1835 – Franz Joseph Karl, as Frans II laaste keiser van die Heilige Romeinse Ryk en as Frans I eerste keiser van Oostenryk (* 1768).
- 1840 – Heinrich Wilhelm Olbers, 'n Duitse sterrekundige, geneesheer en fisikus (* 1758).
- 1855 – Nikolaas I van Rusland, tsaar van Rusland (* 1796).
- 1930 – D.H. Lawrence, Engelse digter, romanskrywer en vertaler (* 1885).
- 1939 – Howard Carter, Britse argeoloog en egiptoloog (* 1874).
- 1982 – Philip K. Dick, Amerikaanse skrywer (* 1928).
- 1984 – Breytie Breytenbach, eerste hoofdirekteur van Truk (* 1904).
- 1991 – Serge Gainsbourg, Franse digter, sanger, komponis, akteur, regisseur en skilder (* 1928).
- 2009 – João Bernardo Vieira, president van Guinee-Bissau (* 1939).
- 2020 – Lance James, Suid-Afrikaanse country-sanger en radio-omroeper (* 1938).
- 2021 – Kiepie Jaftha, Suid-Afrikaanse predikant, onderwysman en ’n gemeenskapsleier (* 1949).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Onafhanklikheidsdag in Marokko (1956).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 2 March. |