in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die jaar 2019 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dis was die 19de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
1 Januarie – Roemenië neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Oostenryk oor.
12 Februarie – Masedonië verander sy naam na Noord-Masedonië , wat 'n dekadelange geskil met Griekeland beëindig en die weg baan vir sy integrasie in NAVO en die Europese Unie .
10 Maart – Ethiopian Airlines Vlug 302 , 'n Boeing 737 MAX 8 op pad na Nairobi , verongeluk kort na opstyging van Addis Abeba . Al 157 mense aan boord sterf. Wêreldwyd word alle Boeing 737 MAX-vliegtuie uit diens gestel.
15 Maart – 51 mense sterf in 'n skietaanval op twee moskees tydens die Vrydaggebed in Christchurch , Nieu-Seeland .
20 Maart – Verkiesings vir die Nederlandse Provinsiale State .
23 Maart – Die hoofstad van Kasakstan , Astana, word na Noer-Soeltan herdoop.
9 April – Verkiesings vir die 21ste Knesset in Israel .
15 April – Brand in die Notre-Dame van Parys .
21 April – 259 mense sterf in 'n terreuraanval op kerke en hotelle tydens Paasfees in Colombo , Sri Lanka .
30 April – Akihito (Heisei-tydperk, 平成時代) abdikeer as Japannese Tennō (keiser) .
1 Mei – Naruhito (Reiwa-tydperk, 令和時代) word as nuwe Tennō van Japan ingehuldig.
8 Mei – Suid-Afrika se sesde volledig-demokratiese algemene verkiesing vind plaas.
23 –26 Mei – Verkiesings vir die Europese Parlement .
27 Mei – Verkiesings vir die Nederlandse Eerste Kamer deur die Provinsiale State .
30 Mei – Hemelvaartsdag .
30 Mei–14 Julie – Die 12de Krieketwêreldbeker word in Engeland en Wallis aangebied en deur Engeland gewen.
1 Julie – Finland neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Roemenië oor.
13 September – In die Waalse Gewes kom 'n links-regse kabinet onder leiding van Elio Di Rupo aan bewind.
14 September – Hommeltuie en kruisermissiele word gebruik in 'n aanval op die Aramco-olieproduksiefasiliteite by Abqaiq en Khurais in die ooste van Saoedi-Arabië .
17 September – Verkiesings vir die 22ste Knesset in Israel .
20 September –2 November – Die 9de Rugbywêreldbeker word in Japan gehou en deur Suid-Afrika gewen.
27 September –6 Oktober – Die Wêreldbeker Atletiek word in Katar se hoofstad Doha gehou.
29 September – Roosj Hasjana , Joodse Nuwejaar (5780).
2 Oktober – In Vlaandere kom 'n sentrumregse kabinet onder leiding van Jan Jambon aan bewind.
8 Oktober – Jom Kippoer , Joodse Groot Versoeningsdag.
27 Oktober – Sophie Wilmès volg Charles Michel as Belgiese Eerste Minister op.
November – Oorgang van Mercurius .
30 November – Adriano Visagie ontvang die Sotigui-toekenning vir beste akteur Suider-Afrika, vir sy hoofrol in die Namibiese film Salute! .
1 Desember – Uitbreek van die Covid-19-pandemie in Wuhan , Volksrepubliek China .
Karl Lagerfeld , oorlede op 19 Februarie
Dorothy Masuka , oorlede op 23 Februarie
6 Januarie – Johan Claassen , Suid-Afrika se ses-en-twintigste Springbokkaptein (* 1929 ).
7 Januarie – John Joubert , Suid-Afrikaanse komponis en akademikus (* 1927 ).
14 Januarie – Paweł Adamowicz , Poolse politikus (* 1965 ).
14 Januarie – Wilf Rosenburg , Springbokrugbyspeler (* 1934 ).
19 Januarie – Marian Tredoux , Suid-Afrikaanse geoloog (* 1952 ).
22 Januarie – Koos Andriessen , Nederlandse ekonoom, bestuurder en politikus (* 1928 ).
3 Februarie – Julie Adams , Amerikaanse aktrise (* 1926 ).
7 Februarie – Albert Finney , Britse akteur (* 1936 ).
19 Februarie – Karl Lagerfeld , Duitse modeontwerper (* 1933 ).
22 Februarie – Tjaart van der Walt , rektor van die Potchefstroomse Universiteit (* 1934).
23 Februarie – Dorothy Masuka , Zimbabwiese jazz-sangeres (* 1935 ).
28 Februarie – André Previn , Duitse dirigent (* 1929).
4 Maart – King Kong Bundy , Amerikaanse akteur (* 1957 ).
4 Maart – Luke Perry , Amerikaanse akteur (* 1966 ).
14 Maart – Charlie Whiting , Britse Formule 1 en motorsportadministrateur (* 1952 ).
17 Maart – Ulf Bengtsson , Sweedse mans-tafeltennisspeler (* 1960 ).
Prem Tinsulanonda , oorlede op 26 Mei
Franco Zeffirelli , oorlede op 15 Junie
5 April – Sydney Brenner , Suid-Afrikaanse molekulêre bioloog (* 1927).
12 April – Carol Thomas , Suid-Afrikaanse ginekoloog (* 1961 ).
15 April – Owen K. Garriott , Amerikaanse ingenieur en ruimtevaarder (* 1930 ).
18 April – Wim Velema , Nederlandse predikant en teoloog (* 1929).
21 April – Ken Kercheval , Amerikaanse akteur en regisseur (* 1935).
25 April – Tommy Malone , wenner van die Comrades-maraton .
29 April – Justus Tshungu , Suid-Afrikaanse omroeper (* 1925 ).
6 Mei – Cliff Saunders , Suid-Afrikaanse joernalis (* 1939 ).
6 Mei – Pieter Howes , Suid-Afrikaanse akteur, regisseur en joernalis (* 1985 ).
10 Mei – Frederick Brownell , Suid-Afrikaanse heraldikus, vlagkundige en genealoog; ontwerper van beide die vlae van Namibië en Suid-Afrika (* 1940 ).
13 Mei – Doris Day , Amerikaanse aktrise (* 1922 ).
14 Mei – Tim Conway , Amerikaanse akteur en skrywer (* 1933).
20 Mei – Niki Lauda , Oostenrykse Formule Eenrenjaer en driemalige wêreldkampioen (* 1949 ).
26 Mei – Prem Tinsulanonda , Thaise politikus en Staats Eerste Minister van Thailand (* 1920 ).
2 Junie – Piet Botha , Afrikaanse sanger en liedjieskrywer (* 1955 ).
10 Junie – Christine Basson , Suid-Afrikaanse aktrise (* 1941 ).
12 Junie – Sylvia Miles , Amerikaanse aktrise (* 1924 )
15 Junie – Franco Zeffirelli , Italiaanse regisseur (* 1923 ).
22 Junie – Judith Krantz , Amerikaanse romanskryfster (* 1928).
30 Junie – David Koloane , Suid-Afrikaanse kunstenaar (* 1938 ).
Johnny Clegg , oorlede op 16 Julie
Toni Morrison , oorlede op 5 Augustus
Chester Williams , oorlede op 6 September
1 Julie – Jackie Mekler , vyfmalige wenner van die Comrades-maraton (* 1932 ).
9 Julie – Ross Perot , Amerikaanse sakeman, politikus en miljardêr (* 1930).
10 Julie – James Small , Springbokrugbyspeler (* 1969 ).
15 Julie – Marc Batchelor , Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspeler (* 1969).
16 Julie – Johnny Clegg , Suid-Afrikaanse musikant en sanger (* 1953 ).
19 Julie – Rutger Hauer , Nederlandse akteur, skrywer en omgewingsaktivis (* 1944 ).
22 Julie – Li Peng , Chinese politikus, bekend as die 'Slagter van Beijing' vir sy rol in die Tiananmenplein-bloedbad (* 1928).
23 Julie – Danny Keogh , Suid-Afrikaanse akteur, skrywer, en assistentregisseur (* 1948 ).
26 Julie – Harry Kalmer , Suid-Afrikaanse skrywer (* 1956 ).
2 Augustus – Leonard Reitstein , Suid-Afrikaanse skaakkaptein en skaakskrywer (* 1928).
5 Augustus – Toni Morrison , Amerikaanse romanskryfster (* 1931 ).
7 Augustus – Kary Mullis , Amerikaanse biochemikus (* 1944 ).
10 Augustus – Jeffrey Epstein , Amerikaanse multimiljoenêr (* 1953 ).
14 Augustus – Carrol Boyes , Suid-Afrikaanse kunstenaar, ontwerper en sakevrou (* 1954 ).
29 Augustus – Phil Heemstra , Suid-Afrikaanse igtioloog en kenner van seevisse (* 1941 ).
1 September – Attie du Plessis , sakeleier van Suid-Afrika en voormalige uitvoerende direkteur van Sanlam (* 1944).
3 September – Carol Lynley , Amerikaanse aktrise (* 1942 ).
4 September – Karl-Heinz Zimmer , Duitse politikus (* 1937 ).
5 September – Ampie Muller , akademikus en omroeper (* 1930).
6 September – Robert Mugabe , Zimbabwiese politikus en staatsman, president van Zimbabwe (* 1924 ).
6 September – Chester Williams , Springbokrugbyspeler (* 1970 ).
14 September – Jean Heywood , Britse aktrise (* 1921 ).
18 September – Graeme Gibson , Kanadese skrywer (* 1934).
26 September – Jacques Chirac , Franse staatsman, President van Frankryk (* 1932).
30 September – Kornel Morawiecki , Poolse politikus en teoretiese fisikus (* 1941).
30 September – Jessye Mae Norman Amerikaanse sopraan (* 1945 ).
Aleksei Leonof , oorlede op 11 Oktober
4 Oktober – Diahann Carroll , Amerikaanse aktrise (* 1935).
9 Oktober – Samuel Hynes , Amerikaanse vlieënier en letterkundige (* (1924).
10 Oktober – Engemi Ferreira , Afrikaanse skrywer en dramaturg (* 1943 ).
11 Oktober – Aleksei Leonof , Sowjetse ruimtevaarder , eerste mens wat 'n ruimtewandeling onderneem het (* 1934).
17 Oktober – Bill Macy , Amerikaanse akteur (* 1922 ).
22 Oktober – Marieke Vervoort , Belgiese paralimpiese atleet na genadedood (* 1979).
24 Oktober – Anthony Bishop , Suid-Afrikaanse akteur (* 1971 ).
28 Oktober – Cobus Visser , Suid-Afrikaanse akteur (* 1949).
5 November – Laurel Griggs , Amerikaanse kinderaktrise (* 2006 ).
10 November – Allan Gray , Suid-Afrikaanse filantroop en sakeman (* 1938).
11 November – Philip McKeon , Amerikaanse akteur (* 1964 ).
20 November – John Mann , Kanadese musikant en akteur (* 1962 ).
27 November – Godfrey Gao , Kanadese akteur (* 1984 ).
28 November – Wim Bosman , strokiesprentkunstenaar (*1936 ).
29 November – Yasuhiro Nakasone , Japannese premier (* 1918 ).
30 November – Mariss Jansons , Letlandse dirigent (* 1943).
1 Desember – Shelley Morrison , Amerikaanse aktrise en vervaardiger (* 1936).
4 Desember – Ockie Oosthuizen , Springbokrugbyspeler (* 1955).
6 Desember – Ron Leibman , Amerikaanse akteur en draaiboekskrywer (* 1937 ).
8 Desember – René Auberjonois , Amerikaanse akteur en regisseur (* 1940).
9 Desember – Ben Turok , professor in ekonomie, ANC aktivis en voormalige lid van die parlement (* 1927).
9 Desember – Marie Fredriksson , Sweedse sangeres en lid van die duo Roxette (* 1958 ).
12 Desember – Peter Snell , Nieu-Seelandse middelafstandatleet (* 1938).
12 Desember – Danny Aiello , Amerikaanse akteur (* 1933 ).
13 Desember – Rashied Staggie , Suid-Afrikaanse misdadiger en leier van die Hard Livings-bende (* 1956 ).
18 Desember – Claudine Auger , Franse aktrise (* 1941).
Wikinews bevat nuus in verband met 2019 .