1966
Voorkoms
1966 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1961 | 1962 | 1963 | 1964 | 1965 | ◄ 1966 ► | 1967 | 1968 | 1969 | 1970 | 1971 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1966 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
President Marcos van die Filippyne besoek president Johnson van die Verenigde State | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1966 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 66ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- Frankryk vier die millennium van die Mont-Saint-Michel.
- 3 Februarie – Die Sowjet-ruimtetuig Loena 9 voer die eerste sagte landing op die Maan uit en stuur foto’s terug Aarde toe.
- 17 Maart – Die eerste studente word geregistreer aan die Universiteit van Zambië.
- 3 April – Die Sowjet-ruimtetuig Loena 10 word die eerste ruimtetuig om om die Maan te wentel.
- 19 April – Die Amerikaanse chirurg Michael DeBakey maak 'n inplanting van ´n plastiek kunshart. Die pasiënt sterf enkele dae later.
- 26 Mei – Guyana word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 10 Junie – Die renperd Sea Cottage, gunsteling vir die July-wedren, word in 'n oefenloop geskiet en beseer en alle weddenskappe word opgeskort.
- 11-30 Julie – Die agste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Engeland gespeel, wat deur dié land gewen word.
- 5 Augustus - Augrabies- Nasionale Park word geproklameer.
- 10 Augustus – Lunar Orbiter 1 word lanseer en die Maanwentelprogram begin.
- 23 Augustus – NASA se Lunar Orbiter 1 neem die eerste foto van die Aarde vanaf 'n wentelbaan om die Maan.
- 15 September – Die Verenigde Koninkryk laat die HMS Resolution te water, die eerste volwaardige Britse kernaangedrewe duikboot.
- 30 September – Botswana word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 4 Oktober – Lesotho word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 4 November − Verwoestende oorstromings berokken groot skade in die Italiaanse kunsmetropole Venesië en Florence.
- 15 November – Die Oseaniese Sokkerkonfederasie word in Auckland, Nieu-Seeland, deur vier lande gestig.
- 30 November – Barbados word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 2 Januarie – Siobhan Finneran, Britse aktrise.
- 7 Januarie – Corrie Sanders, Suid-Afrikaanse bokser († 2012).
- 27 Januarie – Tamlyn Tomita, Amerikaanse aktrise.
- 31 Januarie – Jyrki Järvilehto (kortweg JJ Lehto), Finse Formule Eenrenjaer.
- 17 Februarie – Sasha Pieterse, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 20 Maart – Reinard Ludick, Afrikaanse radiopersoonlikheid en nuusleser.
- 25 Maart – Hamunyera Hambyuka, Namibiese politikus.
- 29 Maart – Jeroen Dijsselbloem, Nederlandse politikus.
- 8 April – Robin Wright, Amerikaanse aktrise.
- 9 April – Cynthia Nixon, Amerikaanse aktrise.
- 15 April – Samantha Fox, Britse fotomodel en sangeres.
- 11 April – Lisa Stansfield, Engelse sangeres.
- 10 Mei – Adriaan Richter, Suid-Afrika se vier-en-veertigste Springbokkaptein.
- 12 Mei – Stephen Baldwin, Amerikaanse akteur.
- 16 Mei – Janet Jackson, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 26 Mei – Zola Budd, Suid-Afrikaanse middelafstandatleet.
- 16 Junie – Jan Železný, Tsjeggiese spiesgooi-atleet.
- 24 Junie – Adrienne Shelly, Amerikaanse aktrise († 2006).
- 30 Junie – Mike Tyson, Amerikaanse swaargewigbokser.
- 16 Julie – Michael Horn, Suid-Afrikaans-gebore Switserse professionele ontdekkingsreisiger en avonturier.
- 21 Julie – Arija Bareikis, Amerikaanse aktrise.
- 22 Julie – Maria Olsen, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 14 Augustus – Halle Berry, Amerikaanse model, aktrise en vervaardiger; eerste prinses van Mej VSA 1986.
- 25 Augustus - Sarah Boberg, Deense aktrise.
- 25 Augustus - Michael Cohen, Amerikaanse veroordeelde advokaat.
- 2 September – Salma Hayek, Meksikaans-Amerikaanse aktrise, rolprentvervaardiger en fotomodel
- 2 September – Olivier Panis, Franse professionele renjaer.
- 9 September – Adam Sandler, Amerikaanse akteur.
- 24 September – Dingaan Thobela Suid-Afrikaanse professionele bokser († 2024).
- 9 Oktober – David Cameron, Britse Konserwatiewe politikus en voormalige Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk.
- 17 September – Garry Pagel, oud-Springbokrugbyspeler.
- 29 September - Jill Whelan, Amerikaanse aktrise ("Love Boat").
- 10 Oktober – Elana Meyer, Suid-Afrikaanse langafstandatleet.
- 11 Oktober – Luke Perry, Amerikaanse akteur († 2019).
- 20 Oktober – Allan Donald, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 16 November – Stephen Critchlow, Engelse akteur († 2021).
- 17 November – Sophie Marceau, Franse aktrise.
- 30 November – Mika Salo, Finse professionele renjaer.
- 8 Desember – Sinéad O'Connor, Ierse sanger en musikant († 2023).
- 18 Desember – Debbie Schäfer, Suid-Afrikaanse DA-politikus.
- 20 Desember – Paul Ritter, Britse akteur († 2021).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 2 Januarie – Chris van Niekerk, kommandant in die Tweede Vryheidsoorlog, volksraadlid en senator (* 1876)
- 10 Januarie – Abraham Jonker, Suid-Afrikaanse politikus, skrywer en joernalis (* 1905).
- 16 Januarie – Courtney Hodges, Amerikaanse generaal tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1887).
- 29 Januarie – Wim Hartman, Afrikaanse skrywer (* 1909).
- 1 Februarie – Hedda Hopper, Amerikaanse aktise en joernalis (* 1885)
- 20 Februarie – Louise Guthrie, Suid-Afrikaanse plantkundige en botaniese kunstenaar (* 1879).
- 20 Februarie – Chester W. Nimitz, vlootadmiraal in die Amerikaanse Vloot (* 1885).
- 26 Februarie – Minerva Urecal, Amerikaanse aktrise (* 1894).
- 10 April – Evelyn Waugh, Engelse skrywer en joernalis (* 1903).
- 21 April – Sepp Dietrich, SS Duitse offisier en lyfwag van Adolf Hitler (* 1892).
- 11 Mei – Vytautas Stanionis, Litause fotograaf (* 1917).
- 12 Mei – Felix Steiner, Duitse generaal (* 1896).
- 4 Junie – Chang Myon, Suid-Koreaanse politikus (* 1899).
- 12 Junie – Hermann Scherchen, Duitse dirigent (* 1891).
- 19 Julie – Norman Eaton, Suid-Afrikaanse argitek (* 1902).
- 23 Julie – Montgomery Clift, Amerikaanse rolprent- en teaterakteur (* 1920).
- 1 Augustus – Robey Leibbrandt, bokser en politieke stormvoël (* 1913).
- 9 Augustus – Antanas Žmuidzinavičius, Litause landskapskilder (* 1876).
- 10 Augustus – J.C. Bloem, Nederlandse digter en essayis (* 1887).
- 23 Augustus – Irma Stern, 'n Suid-Afrikaanse kunsskilder (* 1894).
- 25 Augustus – Wolfgang Langhoff, 'n Duitse akteur en regisseur (* 1901).
- 6 September – Hendrik Frensch Verwoerd, Nederlandsgebore akademikus, politikus en staatsman, Eerste Minister van Suid-Afrika (* 1901)
- 19 September – Albert van der Sandt Centlivres, Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika (* 1887).
- 26 September – Helen Kane, Amerikaanse sangeres en aktrise (* 1904).
- 30 September – D.G. Conradie, joernalis, redakteur van Die Volksblad, politikus en administrateur-generaal van Suidwes-Afrika (* 1879).
- 2 November – Peter Debye, Amerikaanse chemikus en Nobelprys-wenner (* 1884).
- 15 Desember – Walt Disney, animeerder, sketskunstenaar (* 1901).