2016 Britse Grand Prix
2016 Formule 1 Britse Grand Prix | ||
---|---|---|
Datum | 10 Julie 2016 | |
Plek | Silverstone | |
Voorste wegspringplek | ||
Renjaer | Lewis Hamilton | Mercedes AMG |
Tyd | 1:29.287 | |
Vinnigste ronde | ||
Renjaer | Nico Rosberg | Mercedes AMG |
Tyd | 1:35.548 (rondte 46) | |
Podium | ||
1 | Lewis Hamilton | Mercedes AMG |
2 | Max Verstappen | Red Bull-TAG Heuer |
3 | Nico Rosberg | Mercedes AMG |
Die 2016 Formule Een Britse Grand Prix is op 10 Julie 2016 op die Silverstone-renbaan in Silverstone, Brittanje gehou. Dit was die tiende wedren van die kampioenskapseisoen en is deur Lewis Hamilton in sy Mercedes gewen.
Toetsjaers
[wysig | wysig bron]Charles Leclerc maak sy Formule Een-debuut in die eerste vrye oefening, in die plek van Esteban Gutiérrez in die Haas F1-span.[1] Esteban Ocon het sy tweede verskyning van die seisoen vir Renault gemaak, in die plek van Kevin Magnussen.
Bande
[wysig | wysig bron]Bandverskaffer Pirelli verskaf spanne met die sagte, medium en harde samestellings van die P-Zero band - die drie hardste samestellings beskikbaar - vir die wedren, asook twee soorte reënbande.
Bande vir 'n droë baan | Reënbande | |||
---|---|---|---|---|
Sag |
Medium |
Hard |
Tussen-in |
Reën |
Mercedes se nuwe bestuurders-interaksiebeleid
[wysig | wysig bron]Na aanleiding van die botsing tussen Lewis Hamilton en Nico Rosberg op die laaste rondte van die Oostenrykse Grand Prix, het Mercedes 'n nuwe bestuurderbestuursbeleid ingestel. Dit dikteer die bepalings waarvolgens Hamilton en Rosberg mekaar die stryd mag aansê, maar belowe ook swaar strawwe in geval van onderonsies tussen mekaar tydens die wedren.[2][3]
Oefensessies
[wysig | wysig bron]Ná 'n vlekkelose eerste oefenrondte, waarin Lewis Hamilton en Nico Rosberg eerste en tweede was met 'n groot voorsprong bo hul kompetisie, het die tweede sessie op Silverstone minder voorspoedig verloop vir Mercedes. Hamilton was weliswaar weer die vinnigste, maar die Red Bull-renjaers bly in sy nek blaas. Rosberg kon weens 'n probleem met sy motor glad nie in aksie kom in die tweede sessie nie.[4]
'n Probleem word aan Rosberg se motor ontdek net voor die begin van die sessie. Die skutplaat van die Mercedes is afgehaal en verskeie tegnikusse het onder die motor gelê om die probleem te probeer oplos. 'n Waterlek is vermoed, en na 'n halfuur lyk alles reggestel, maar toe nie. Rosberg, wat net ingegordel was, het weer uit sy motor geklim. Sy sessie is verby, so berig Mercedes, sonder dat dit vir hom eers moontlik was om uit die kuipe weg te trek.[4]
'n Terugslag dus vir die Wêreldbekervoorloper, wat so 'n anderhalfuur se amptelike oefentyd aan sy neusie sien verbygaan het. Sy spanmaat Hamilton moes dus maar uithaal vir Mercedes, en het gesorg dat die span soos gewoonlik weer bo-aan die rondtetye gestaan het. Die wêreldkampioen stel 1.31.660 op as vinnigste tyd en was daarmee feitlik net so vinnig as gedurende die oggend.[4]
Kwalifisering
[wysig | wysig bron]Pos | No | Renjaer | Vervaardiger | K1 | K2 | K3 | Rooster |
---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | 44 | Lewis Hamilton | Mercedes | 1:30.739 | 1:29.243 | 1:29.287 | 1 |
2 | 6 | Nico Rosberg | Mercedes | 1:30.724 | 1:29.970 | 1:29.606 | 2 |
3 | 33 | Max Verstappen | Red Bull-TAG Heuer | 1:31.305 | 1:30.697 | 1:30.313 | 3 |
4 | 3 | Daniel Ricciardo | Red Bull-TAG Heuer | 1:31.684 | 1:31.319 | 1:30.618 | 4 |
5 | 7 | Kimi Räikkönen | Ferrari | 1:31.326 | 1:31.385 | 1:30.881 | 5 |
6 | 5 | Sebastian Vettel | Ferrari | 1:31.606 | 1:30.711 | 1:31.490 | 11[5] |
7 | 77 | Valtteri Bottas | Williams-Mercedes | 1:31.913 | 1:31.478 | 1:31.557 | 6 |
8 | 55 | Carlos Sainz jr. | Toro Rosso-Ferrari | 1:32.115 | 1:31.708 | 1:31.989 | 7 |
9 | 27 | Nico Hülkenberg | Force India-Mercedes | 1:32.349 | 1:31.770 | 1:32.172 | 8 |
10 | 14 | Fernando Alonso | McLaren-Honda | 1:32.281 | 1:31.740 | 1:32.343 | 9 |
11 | 11 | Sergio Pérez | Force India-Mercedes | 1:32.336 | 1:31.875 | 10 | |
12 | 19 | Felipe Massa | Williams-Mercedes | 1:32.146 | 1:32.002 | 12 | |
13 | 8 | Romain Grosjean | Haas-Ferrari | 1:32.283 | 1:32.050 | 13 | |
14 | 21 | Esteban Gutiérrez | Haas-Ferrari | 1:32.237 | 1:32.241 | 14 | |
15 | 26 | Daniil Kvyat | Toro Rosso-Ferrari | 1:32.553 | 1:32.306 | 15 | |
16 | 20 | Kevin Magnussen | Renault | 1:32.729 | 1:37.060 | 16 | |
17 | 22 | Jenson Button | McLaren-Honda | 1:32.788 | 17 | ||
18 | 30 | Jolyon Palmer | Renault | 1:32.905 | 18 | ||
19 | 88 | Rio Haryanto | MRT-Mercedes | 1:33.098 | 19 | ||
20 | 94 | Pascal Wehrlein | MRT-Mercedes | 1:33.151 | 20 | ||
21 | 12 | Felipe Nasr | Sauber-Ferrari | 1:33.544 | 21 | ||
107% tyd: 1:37.074 | |||||||
22 | 9 | Marcus Ericsson | Sauber-Ferrari | geen tyd | Kuipe[6] |
Laaste voorval
[wysig | wysig bron]Rosberg ontvang naby die einde van die wedren instruksies van sy span, nadat hy te make het met 'n ratkasprobleem. Hy is vanuit die kuipe laat weet hoe om hierdie probleem reg te stel en wat hy moes doen om verdere skade te voorkom. Dit blyk teen die nuwe radioreglement te wees, wat voorskryf dat spanne nie hul renjaers oor die radio mag help nie.
Die beamptes begin 'n ondersoek en om 16:00 moes Rosberg voor hulle aanmeld. Na ongeveer 'n driekwartuur vertrek die Mercedes-renjaer uit hul kantoor, waarna die hoë menere oor 'n straf besin. Die stewards neem vervolgens hul tyd om 'n eiertjie te lê. Rosberg word skuldig bevind en kry 'n tydstraf van tien sekondes in die ren.[7] Hierdeur staan hy sy tweede plek af aan Verstappen en dus krimp sy voorsprong oor spanmaat Lewis Hamilton in die F1-seisoen tot slegs één punt.
Renuitslag
[wysig | wysig bron]Die wedren word deur Lewis Hamilton gewen, sy vierde oorwinning van die seisoen, asook die vierde jaar wat hy sy tuiswedren wen.[8]
Puntestand na afloop van die Grand Prix
[wysig | wysig bron]Renjaers
[wysig | wysig bron]Posisie | Nommer | Jaer | Span | Punte |
---|---|---|---|---|
1 | 6 | Nico Rosberg | Mercedes | 168 |
2 | 44 | Lewis Hamilton | Mercedes | 167 |
3 | 7 | Kimi Räikkönen | Ferrari | 106 |
4 | 3 | Daniel Ricciardo | Red Bull-TAG Heuer | 100 |
5 | 5 | Sebastian Vettel | Ferrari | 98 |
6 | 33 | Max Verstappen | Red Bull-TAG Heuer | 90 |
7 | 77 | Valtteri Bottas | Williams-Mercedes | 54 |
8 | 27 | Sergio Pérez | Force India-Mercedes | 47 |
9 | 19 | Felipe Massa | Williams-Mercedes | 38 |
10 | 8 | Romain Grosjean | Haas-Ferrari | 28 |
11 | 27 | Nico Hülkenberg | Force India-Mercedes | 26 |
12 | 55 | Carlos Sainz jr. | Toro Rosso-Ferrari | 26 |
13 | 26 | Daniil Kvyat | Toro Rosso-Ferrari | 23 |
14 | 14 | Fernando Alonso | McLaren-Honda | 18 |
15 | 22 | Jenson Button | McLaren-Honda | 13 |
16 | 20 | Kevin Magnussen | Renault | 6 |
Vervaardigers
[wysig | wysig bron]Posisie | Span | Punte |
---|---|---|
1 | Mercedes | 335 |
2 | Ferrari | 204 |
3 | Red Bull-TAG Heuer | 198 |
4 | Williams-Mercedes | 92 |
5 | Force India-Mercedes | 73 |
6 | Toro Rosso-Ferrari | 41 |
7 | McLaren-Honda | 32 |
8 | Haas-Ferrari | 28 |
9 | Renault | 6 |
10 | MRT-Mercedes | 1 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Leclerc receives Haas F1 practice outings". speedcafe.com (in Engels). Speedcafe. 25 Junie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 3 Julie 2016.
- ↑ Benson, Andrew (3 Julie 2016). "Lewis Hamilton v Nico Rosberg: Team orders an option - Wolff" (in Engels). BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Januarie 2020. Besoek op 9 Julie 2016.
- ↑ Johnson, Daniel (4 Julie 2016). "Lewis Hamilton and Nico Rosberg face suspension threat from angry Mercedes to prevent more collisions" (in Engels). The Daily Telegraph. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2019. Besoek op 9 Julie 2016.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 Benson, Andrew (8 Julie 2016). "Hamilton klopt Red Bulls, problemen bij Rosberg" (in Nederlands). GP UPDATE. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018. Besoek op 9 Julie 2016.
- ↑ (nl) Vettel loopt ook in Engeland tegen gridpenalty aan URL besoek op 9 Julie 2016.
- ↑ (nl) Ericsson moet kwalificatie in Engeland definitief missen URL besoek op 9 Julie 2016.
- ↑ 7,0 7,1 (nl) Rosberg krijgt tien seconden straf, Verstappen naar P2 URL besoek op 10 Julie 2016
- ↑ (nl) Hamilton wint op nat Silverstone, weer podium Verstappen URL besoek op 10 Julie 2016