27 Januarie
Voorkoms
<< | Januarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
27 Januarie is die 27ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 338 dae in die res van die jaar (339 in skrikkeljare).
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1606 – Die verhoor van Guy Fawkes, wat die Engelse parlement wou opblaas, en sy samesweerders begin.
- 1720 – Pous Clemens XI verklaar suster Humility (Rosanna) heilig.
- 1738 – Carlo Rezzonico (later Pous Clemens XIII) word kardinaal-diaken van San Nicola in Carcere.
- 1798 – 10 500 Franse troepe marsjeer die Waadt (gebied om Lausanne) binne en verlang 'n losprys van 700 000 Frank van die Switserse Bondgenootskap. Die Franse stig die “Lemaniese Republiek” met hoofstad Lausanne.
- 1843 – Pous Gregorius XVI stel vier nuwe kardinale aan, waaronder Francesco di Paola Villadecani, aartsbiskop van Messina.
- 1861 – Ds. A.J. Begemann word as die eerste predikant van Pretoria bevestig.
- 1888 – Die National Geographic Society, uitgewer van die National Geographic tydskrif, word gestig.
- 1926 – Die Skot John Logie Baird stel die eerste werkende TV-stelsel in Londen bekend.
- 1932 – Marjorie Hingle word in ’n Johannesburgse tussenverkiesing die eerste vrou wat in Suid-Afrika stem.
- 1945 – Die Rooi Leër bevry 7 500 gevangenes wat deur Nazi-personeel in die Auschwitz-konsentrasiekampe in Oświęcim (Duits: Auschwitz), Pole agtergelaat is.
- 1951 – Kerntoetse begin by die Nevada-toetsterrein met ’n een-kiloton atoombom wat op Frenchman Flats laat val is.
- 1967 – Die Apollo 1-ruimtetuig word deur ’n brand vernietig by die Kennedy-ruimtesentrum. Ruimtevaarders Gus Grissom, Edward Higgins White en Roger B. Chaffee sterf in die voorval.
- 1973 – In Parys word ooreenkomste onderteken om die Viëtnam-oorlog te beëindig.
- 1996 – Die bewind van Nigerië se eerste demokratiesverkose president, Mahamane Ousane, word in ’n staatsgreep omvergewerp. Kol. Barne Mainassara Ibrahim word die staatshoof.
- 1998 – Oud-pres. F.W. de Klerk erken sy verhouding met Elita Georgiades, die vrou van ’n Griekse sakeman.
- 2002 – Meer as 1000 mense sterf en duisende word haweloos gelaat, toe bomontploffings in ’n weermagmagasyn in Lagos, Nigerië – per ongeluk deur ’n brand veroorsaak – tot massa-paniek lei.
- 2015 – 'n Moord op drie gesinslede van die Van Breda-familie en die besering van 'n ander vind plaas op die De Zalze-gholflandgoed in Stellenbosch.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1756 – Wolfgang Amadeus Mozart, Oostenrykse komponis († 1791).
- 1775 – Friedrich Schelling, Duitse filosoof († 1854).
- 1805 – Samuel Palmer, Britse waterverfskilder († 1881).
- 1814 – Eugène Viollet-le-Duc, Franse argitek († 1879).
- 1832 – Lewis Carroll, Britse wiskundige en skrywer († 1898).
- 1859 – Wilhelm II van Duitsland, laaste koning van Pruise en keiser van Duitsland († 1941).
- 1940 – James Cromwell, Amerikaanse akteur.
- 1949 – Fanie Olivier, Suid-Afrikaanse digter.
- 1964 – Bridget Fonda, Amerikaanse aktrise.
- 1966 – Tamlyn Tomita, Amerikaanse aktrise.
- 1969 – Patton Oswalt, Amerikaanse komediant.
- 1970 – Martin Watt, Suid-Afrikaanse komponis.
- 1980 – Marat Safin, Russiese tenisspeler.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 457 – Marcianus van Bisantium, Bisantynse keiser (* 392).
- 672 – Pous Vitalianus, 76ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* circa 600).
- 847 – Pous Sergius II, 102de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1901 – Giuseppe Verdi, Italiaanse komponis (* 1813).
- 1910 – Thomas Crapper, Britse loodgieter en sakeman (* 1836).
- 1931 – Johanna Luyt, Suid-Afrikaanse komponis (* onbekend).
- 1962 – Alfred Bitini Xuma, Suid-Afrikaanse leier, aktivis en ANC-president van 1940 tot 1949 (* 1893).
- 1974 – J.J.G. Grobbelaar, Suid-Afrikaanse inspekteur van onderwys en skrywer van jeuglektuur (* 1907).
- 1983 – Louis de Funès, Franse akteur (* 1914).
- 1986 – Lilli Palmer, Duitse aktrise (* 1914).
- 2006 – Chris Heunis, Suid-Afrikaanse regter, politikus, kabinetslid van die Nasionale Party (* 1927).
- 2012 – Reza de Wet, Afrikaanse skrywer en dramaturg (* 1952).
- 2018 – Ingvar Kamprad, Sweedse sakemagnaat en stigter van Ikea (* 1926).
- 2021 – Cloris Leachman, Amerikaanse aktrise. (* 1926).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Feesdag van Pous Vitalianus in die Rooms-Katolieke Kerk en die Ortodokse Kerk.
Gepubliseer
[wysig | wysig bron]- 1343 – Die bul Unigenitus, wat die mag van die pous regverdig en die gebruik van aflate magtig, deur Pous Clemens VI.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 27 Januarie. |