Cambridge Assessment International Education: Afrikaans As A Second Language 0548/01 October/November 2017

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 7

Cambridge Assessment International Education

Cambridge International General Certificate of Secondary Education

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01


Paper 1 Reading and Writing October/November 2017
MARK SCHEME
Maximum Mark: 70

Published

This mark scheme is published as an aid to teachers and candidates, to indicate the requirements of the
examination. It shows the basis on which Examiners were instructed to award marks. It does not indicate the
details of the discussions that took place at an Examiners’ meeting before marking began, which would have
considered the acceptability of alternative answers.

Mark schemes should be read in conjunction with the question paper and the Principal Examiner Report for
Teachers.

Cambridge International will not enter into discussions about these mark schemes.

Cambridge International is publishing the mark schemes for the October/November 2017 series for most
Cambridge IGCSE®, Cambridge International A and AS Level components and some Cambridge O Level
components.

® IGCSE is a registered trademark.

This document consists of 7 printed pages.

© UCLES 2017 [Turn over


0548/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme October/November
PUBLISHED 2017

Question Answer Marks

Oefening 1

1 jaarliks/elke jaar 9 1

2 mishandelde donkies/om donkies te help. 9 1

3 oral in die Wes-Kaap 9 1

4 nuwe boeke 9; tweedehandse boeke 9 2

5 Vroeër: aaklig/vol pyn en lyding/mishandel 9 2


Nou: gelukkig/veilig/versorg 9

6 donkies 9 1

Question Answer Marks

Oefening 2, 7

Geboortedatum: 8 Februarie 2001 9 1

Adres: Bergstraat 17 9 1

Selfoonnommer: 0793266825 9 1

Ek bespeel die volgende instrumente: viool 9 1

Ander: klarinet 9 1

Ek leer musiek: by die skool 9 1

Ander: [by my] pa/by die huis 9 1

My toekomsplanne: Ek wil musiek bestudeer 9 en deur die wêreld reis. 9 2

Question Answer Marks

Oefening 3

8 • Word gekeur 9 2
• Word saam met hond opgelei 9

9 • Word [vanaf ses/sewe weke vir ’n jaar] deur “puppy walkers” gesosialiseer 3
9
• Leer huis- en toiletmaniere 9
• Leer mense en dinge in die omgewing ken 9

10 • dienshonde 9 3
• gehoorhonde 9
• sosiale honde 9

© UCLES 2017 Page 2 of 7


0548/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme October/November
PUBLISHED 2017

Question Answer Marks

Oefening 4, 11

Hierdie oefening word hoofsaaklik vir taal, nie inhoud nie, nagesien. As die inhoud egter totaal
irrelevant tot die taak is, word ʼn nulpunt toegeken.

Kandidate word nie geëvalueer vir enigiets wat hulle na die perk van 80 woorde skryf nie, maar
word nie per se gepenaliseer as hulle dit oorskry nie.

0 betekenis obskuur weens digtheid van taalprobleme en ernstige


probleme met uitdrukking / niks relevant nie
1 uitdrukking swak / maak staat daarop om uit die teks te lig
2 uitdrukking beperk / maak staat om notas te kopieer, maar ʼn mate van
ʼn gevoel vir volgorde
3 uitdrukking goed, met pogings om idees in eie woorde te groepeer en
te orden
4 uitdrukking baie goed: duidelike, geordende groepering en ordening;
hoofsaaklik eie woorde
5 uitdrukking uitstekend: duidelik, geordende groepering en ordening,
bykans heeltemal in eie woorde geskryf

Ongeveer vyf van die volgende feite kan in een paragraaf van hoogstens 80
woorde genoem word:

Die Gidshondvereniging: 5
• teel honde vir gebruik deur mense in rolstoele, blindes, dowes en outistiese
mense
• plaas honde uit vir basiese opleiding
• lei honde intensief op
• pas honde by applikante
• lei applikante en honde saam op
• evalueer nuwe honde-eienaars
• maak seker nuwe honde-eienaars en honde kom reg in eie omgewing
• bly in kontak met honde-eienaars
• dra die grootste deel van die koste vir die opleiding van die honde

© UCLES 2017 Page 3 of 7


0548/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme October/November
PUBLISHED 2017

Question Answer Marks

Oefening 5, 12

’n Opstel van 150 tot 200 woorde lank waarin die kandidaat hom/haarself 15
bekendstel.

Die volgende moet genoem word:


• wie jy is, hoe oud jy is en waar jy vandaan kom
• jou belangstellings
• jou ideale vir die toekoms.

Ontvang tot 8 punte vir inhoud en tot 7 punte vir styl en akkuraatheid van
taalgebruik.
Sien die aantekeninge en nasienskema na Oefening 7.

Question Answer Marks

Oefening 6

13 Hy praat uitstekende Afrikaans 9 en het ’n goeie humorsin. 9 2

14 Toe sy ouma vergeet het om hom by die skool op te laai, 9 is hy na ’n oudisie 2


vir ’n koor (wat die begin van sy sangloopbaan was). 9

15 Hy wou verstaan wat sy oupa en ouma oor hom sê. 9 2


Hy wou vriende maak met die Afrikaanse kinders in die kinderkoor. 9

16 In die huise van sy Afrikaanse maats was daar, soos in sy eie kultuur, respek 2
vir ouer mense 9 en is familie en liefde as belangrik beskou. 9

17 Mense moet ander mense vergewe. 9 1

18 Van die veeltalige/multikulturele land of van die elf tale in die land 9 1

Question Answer Marks

Oefening 7, 19

Artikel: 200 tot 250 woorde lank 15

Kan gegewe idees gebruik, maar moet ook eie gemotiveerde idees byvoeg.

Gee tot 8 punte vir inhoud en tot 7 punte vir styl en akkuraatheid van
taalgebruik.

Sien die aantekeninge en nasienskema (aan die einde van die nasienskema).

© UCLES 2017 Page 4 of 7


0548/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme October/November
PUBLISHED 2017

Die volgende algemene instruksies en tabel met nasienkriteria geld vir Oefening 5 en Oefening
7

• Ken aan die antwoord ʼn punt (uit 8) vir inhoud (I) en ʼn punt (uit 7) vir taal (T) toe volgens die
tabel met algemene kriteria wat volg. Skryf I en die punt + T en die punt = omkringde totaal (uit
15) neer.

• Inhoud dek relevansie (d.w.s. of die stuk aan die taak voldoen en die bewustheid van
doel/teikengehoor/register) en die ontwikkeling van idees (d.w.s. die
besonderhede/verduideliking wat verskaf word en hoe genotvol dit is om te lees).

• Taal dek styl (d.w.s. kompleksiteit van woordeskat en sinstruktuur) en akkuraatheid (van
grammatika, spelling, punktuasie en gebruik van paragrawe).

• Wanneer daar op ʼn punt vir inhoud of taal besluit word, moet daar eers besluit word watter
puntekategorie die toepaslikste is. Besluit dan tussen die twee punte in daardie kategorie.

• Wanneer daar op ʼn punt vir inhoud besluit word, moet daar na sowel relevansie as
ontwikkeling van idees gekyk word. Besluit eers of die skryfstuk aan die taak voldoen, in terme
van inhoud gedek en lengte. Indien wel, sal dit in een van die boonste drie kategorieë val.
Wanneer daar op ʼn punt vir taal besluit word, moet daar na sowel die styl as die akkuraatheid
van die taalgebruik gekyk word. ʼn Nuttige beginpunt is om eers te besluit of foute lastig is. Indien
nie, sal dit in een van die boonste drie kategorieë val. Die gebruik van paragrawe behoort nie
die primêre grondslag te wees om te besluit in watter puntekategorie die skryfstuk val nie. Kyk
eers na die taalgebruik en wanneer daar op die gepaste kategorie besluit is, kan die
paragrafering as ʼn faktor gebruik word om te bepaal of die skryfstuk die boonste of die onderste
punt in die kategorie verdien.

• Indien die skryfstuk aansienlik minder as die vereiste woordlengte is, moet dit in die
puntekategorie 2–3 vir inhoud of laer geplaas word omdat dit nie aan die taak voldoen nie.

• Indien die skryfstuk heeltemal irrelevant is en niks met die opdrag te doen het nie, moet dit 0
punte vir Inhoud en Taal toegeken word.

• Indien die skryfstuk gedeeltelik relevant en dus in die puntekategorie 2–3 is, is die volle omvang
punte vir Taal beskikbaar.

© UCLES 2017 Page 5 of 7


0548/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme October/November
PUBLISHED 2017

Algemene kriteria vir die nasien van Oefening 5 en 7

Punte INHOUD: relevansie en Punte TAAL: styl en akkuraatheid


-kate- ontwikkeling van idees -kate- (AO: W1, W3, W4, W5 – Oefening 5)
gorie (AO: W1, W2) gorie (AO: W1, W3, W4, W5, W6 – Oefening 7)

8 Hoogs doeltreffend 7 Vlot

• Relevansie: Voldoen aan die • Styl: Byna eerste taal-bevoegdheid.


taak, met deurgaans gepaste Vloeiende styl. Selfversekerde en
register en uitstekende uitgebreide gebruik van taal, idioom
aanvoeling vir doel en en tye.
teikengehoor. • Akkuraatheid: Geen foute nie of baie
• Ontwikkeling van idees: Toon min. Goed gekonstrueerde paragrawe
onafhanklike denke. Idees goed wat aaneenskakel.
ontwikkel, die gepaste lengte en
oorredend. Gehalte word
deurgaans volgehou. Genotvol
om te lees. Die leser se
belangstelling word gewek en
behou.

6–7 Doeltreffend 6 Presies

• Relevansie: Voldoen aan die • Styl: Sinne toon verskeidenheid van


taak, met gepaste register en ʼn strukture en lengte. ʼn Mate van styl en
goeie aanvoeling vir doel en uitdrukking. Gebruik idiome en
teikengehoor. gebruik woordeskat presies. Daar kan
• Ontwikkeling van idees: Idees egter onbeholpe styl wees wat lees
goed ontwikkel en ʼn gepaste minder genotvol maak.
lengte. Prikkel die leser se • Akkuraatheid: Hoofsaaklik akkuraat,
belangstelling. maar sporadiese frustrerende foutjies.
Daar is paragrawe wat ʼn mate van
eenheid toon, alhoewel skakels
afwesig of onvanpas kan wees.

4–5 Bevredigend 4–5 Veilig

• Relevansie: Voldoen aan die • Styl: Hoofsaaklik eenvoudige


taak, met ʼn redelike poging om strukture en woordeskat; wend soms
die gepaste register te gebruik, ʼn poging aan om meer gesofistikeerde
en ʼn mate van ʼn aanvoeling vir taal te gebruik.
doel en teikengehoor. ʼn • Akkuraatheid: Betekenis is duidelik
Bevredigende poging is en werk is van ʼn veilige, geletterde
aangewend om die onderwerp standaard. Eenvoudige strukture is
te dek, maar daar kan meestal korrek, benewens seldsame
afdwalings wees. spelfoute wat nie kommunikasie
• Ontwikkeling van idees: belemmer nie. Grammatikale foute
Materiaal is bevredigend kom voor wanneer groter sofistikasie
ontwikkel en ʼn gepaste lengte. probeer word. Paragrawe word
gebruik, maar sonder samehang of
eenheid.

© UCLES 2017 Page 6 of 7


0548/01 Cambridge IGCSE – Mark Scheme October/November
PUBLISHED 2017

Punte INHOUD: relevansie en Punte TAAL: styl en akkuraatheid


-kate- ontwikkeling van idees -kate- (AO: W1, W3, W4, W5 – Oefening 5)
gorie (AO: W1, W2) gorie (AO: W1, W3, W4, W5, W6 – Oefening 7)

2–3 Gedeeltelik relevant 2–3 Foute maak inbreuk

• Relevansie: Gedeeltelik • Styl: Eenvoudige strukture en


relevant en ʼn mate van ʼn poging woordeskat.
is aangewend om oor die • Akkuraatheid: Betekenis is soms
onderwerp te skryf. Voldoen nie onduidelik. Gereelde foute belemmer
heeltemal aan die taak nie, presisie en lees. Dit belemmer
hoewel daar positiewe aspekte kommunikasie egter nie ernstig nie.
is. Onvanpaste register, met te Paragrawe afwesig of lukraak.
min bewustheid van doel en/of
teikengehoor.
• Ontwikkeling van idees:
Verskaf wel besonderhede en
verduideliking, maar die effek is
onvolledig. Herhaling kom voor.

0–1 Min relevansie 0–1 Moeilik om te verstaan

• Wel beperkte hantering van • Deurgaans veelvoudige soorte foute


onderwerp, maar dit word deur in grammatika/spelling/woordgebruik
digtheid van foute verskuil. Ken /punktuasie, wat dit grootliks moeilik
1 punt toe. verstaanbaar maak. Soms kan ʼn mate
• Onderwerp word geensins van sinvolheid bespeur word.
gedek nie, of, indien wel tot ʼn Paragrawe afwesig of lukraak. Ken 1
mate, digtheid van foute maak punt toe.
dit onmoontlik om raak te sien. • Digtheid van foute verskuil betekenis.
Ken 0 punte toe. Indien die Hele gedeeltes onmoontlik om as
skryfstuk heeltemal irrelevant is, Afrikaanse skryfwerk te herken.
kan geen punt vir taalgebruik Paragrawe afwesig of lukraak. Ken 0
toegeken word nie. punte toe.

© UCLES 2017 Page 7 of 7

You might also like