Gaan na inhoud

Wit-Donderdag

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Voete word gewas en die Laaste Nagmaal (altaarstuk van die Sienese katedraal)
Die Laaste Nagmaal, skildery deur Hans Schäufelin in 1511
Die Laaste Nagmaal, skildery deur Juan de Juanes, ca. 1562
Die Mistiese Nagmaal, ikoon deur Simon Oesjakof in 1685

Wit-Donderdag is die vyfde dag van die Heilige of Stille Week (volgens liturgiese telling, beginnend met Palmsondag as eerste dag van dié week), waarin Christene hulself vir Paasfees voorberei. Op hierdie dag herdenk die Christelike kerke die Laaste Nagmaal van Jesus saam met die Twaalf Apostels op die vooraand van sy kruisiging buite Jerusalem, soos beskryf deur die vier kanonieke evangelies (Matteus, Markus, Lukas en Johannes). Die liturgiese benaming is Feria quinta in cena Domini ("vyfde dag, by die Nagmaal van de Here").

Wit-Donderdag is die Donderdag voor Paasfees en dié dag voor Goeie Vrydag.[1] Wit-Donderdag makeer die Paastriduum se begin, dié tydperk van passie, dood en opstanding van Jesus; hierdie tydperk sluit Goeie Vrydag en Heilige Saterdag in, en eindig op die aand van Paasfees.[2][3] Die Nagmaal of diens van aanbidding word normaalweg op die aand gevier, omdat 'n dag volgens Joodse tradisie met sononder begin en die Laaste Nagmaal volgens die drie sinoptiese evangelies tydens Pesach gehou is.[4]

Wit-Donderdag is die eerste van die drie Stille Dae en word deur Goeie Vrydag en Heilige Saterdag opgevolg. Met die Vesper begin op die aand van Wit-Donderdag die Paastriduum (Triduum Sacrum of Triduum Paschale), d.w.s. die viering van die drie Paasdae (Goeie Vrydag, Heilige Saterdag en Paassondag). As herdenkingsdag van die Laaste Nagmaal en die daarmee gepaardgaande instelling van die Eucharistie deur Jesus self beskik die Wit-Donderdag oor 'n hoe rang binne die Christelike liturgie. As gevolg van die Stille Dae se fundamentele karakter as roudae en die medelydende passie van Jesus Christus word 'n ontplooiing van prag nie toegelaat nie. Nadat tydens die Vierde Lateraanse Konsilie (1215) 'n spesiale behoefte vir die aanbidding van die werklike teenwoordigheid van Jesus se liggaam en bloed opgedaag het, is in die 13de eeu in die Rooms-Katolieke Kerk 'n tweede Eucharistiese Hoogfees op die tweede Donderdag ná Pinkster ingevoer (Sakramentsdag), wat vervolgens 'n noue verband met Wit-Donderdag het. In sommige lande, soos Denemarke, Noorweë en Ysland, is Wit-Donderdag 'n openbare vakansiedag.

Datums

[wysig | wysig bron]

Die datum van Wit-Donderdag word, nes baie ander feeste en herdenkings van die liturgiese jaar, volgens die Paasfeesdatum bereken. Vervolgens word Wit-Donderdag op die derde dag vóór Paassondag gehou. Die vroegste moontlike termyn volgens die Gregoriaanse kalender is 19 Maart en die laaste moontlike is 22 April. In die Juliaanse kalender, wat veral deur die Oosters-Ortodokse Kerke gebruik word, verskil dié datum effens.

2000–2010
Jaar Weste Ooste
2000 20 April 27 April
2001 12 April
2002 28 Maart 2 Mei
2003 17 April 23 April
2004 8 April
2005 24 Maart 28 April
2006 13 April 20 April
2007 5 April
2008 20 Maart 24 April
2009 9 April 16 April
2010 1 April
2011–2021
Jaar Weste Ooste
2011 21 April
2012 5 April 12 April
2013 28 Maart 2 Mei
2014 17 April
2015 2 April 9 April
2016 24 Maart 28 April
2017 13 April
2018 29 Maart 5 April
2019 18 April 25 April
2020 9 April 16 April
2021 1 April 29 April
2022–2032
Jaar Weste Ooste
2022 14 April 21 April
2023 6 April 13 April
2024 28 Maart 2 Mei
2025 17 April
2026 2 April 9 April
2027 25 Maart 29 April
2028 13 April
2029 29 Maart 5 April
2030 18 April 25 April
2031 10 April
2032 25 Maart 29 April

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Leonard Stuart (1909). New century reference library of the world's most important knowledge: complete, thorough, practical, Volume 3. Syndicate Pub. Co. Besoek op 9 April 2020.
  2. (en) Gail Ramshaw (2004). Three Day Feast: Maundy Thursday, Good Friday, and Easter. Augsburg Books. Besoek op 9 April 2020.
  3. (en) Peter C. Bower. The Companion to the Book of Common Worship. Geneva Press. Besoek op 9 April 2020.
  4. (en) Gwyneth Windsor, John Hughes (21 November 1990). Worship and Festivals. Heinemann. Besoek op 9 April 2020.

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]
  • (de) Hans Jeske (1986). Gründonnerstag. Die Bezeichnung und ihre Entsprechungen (11 uitg.). Sprachwissenschaft. pp. 82–109. ISSN 0344-8169.
  • (de) Hermann Schmidt (1953). Geist und Geschichte des Gründonnerstags. pp. 234–252, 260–226. ISSN 0024-5100. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]