Wildri Peach
Wildri Dennis Peach (gebore 20 November 1982)[1] is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert Junie 2024 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Demokratiese Alliansie (DA) is.
Agtergrond
[wysig | wysig bron]Peach was van 2020 tot 2024 'n lid van die Gautengse provinsiale wetgewer vir die DA.[2] Gedurende sy tyd in die wetgewer het hy as die DA se Gautengse woordvoerder vir Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning gedien.[3]
Parlementêre loopbaan
[wysig | wysig bron]Peach het as 'n DA-parlementêre kandidaat op die streekslys vir Gauteng in die algemene verkiesing van 2009 gestaan, maar is nie verkies nie.[4] Peach het weer as 'n DA parlementêre kandidaat op die streekslys vir Gauteng in die nasionale verkiesing van 2024 gestaan en is daarna tot die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika verkies.[5] Hy is op 25 Junie 2024 ingesweer.[6] Hy is 'n lid van die Portefeuljekomitee oor Bosbou, Visserye en die Omgewing[5] en dien as die DA se adjunkwoordvoerder oor Bosbou, Visserye en die Omgewing [7]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ NPE2024 - Nasionale Kandidatelys soos op 10 April 2024
- ↑ "Wildri Dennis Peach". People's Assembly. 8 Julie 2024. Besoek op 12 Augustus 2024.
- ↑ "Gauteng Department of Sports denies youth access to information by failing to build libraries". Polity.org.za. 26 Oktober 2023. Besoek op 12 Augustus 2024.
- ↑ "The DA`s candidates for the 2009 elections". Politicsweb. 25 Januarie 2009. Besoek op 12 Augustus 2024.
- ↑ 5,0 5,1 "Mr Wildri Dennis Peach". Parliament of South Africa. 11 Julie 2024. Besoek op 12 Augustus 2024.
- ↑ "The 400 MPs elected to the National Assembly - IEC - DOCUMENTS | Politicsweb". www.politicsweb.co.za (in Engels). Besoek op 9 Julie 2024.
- ↑ "National Assembly Members". Democratic Alliance. 6 Julie 2020. Besoek op 12 Augustus 2024.