Mondli Gungubele
Mondli Gungubele LP | |
Gungubele as burgemeester in 2011 | |
Minister in die Presidensie
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 6 Augustus 2021 | |
Vise | Thembi Siweya, Pinky Kekana, Zizi Kodwa |
---|---|
President | Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Jackson Mthembu |
Adjunkminister van Finansies
| |
Ampstermyn 27 Februarie 2018 – 25 Mei 2019 | |
President | Cyril Ramaphosa |
Minister | Tito Mboweni |
Voorafgegaan deur | Sfiso Buthelezi |
Opgevolg deur | David Masondo |
Voorsitter van die Portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling
| |
Ampstermyn 2 Julie 2019 – 5 Augustus 2021 | |
Voorafgegaan deur | Rosemary Capa |
Opgevolg deur | Queenie Mvana |
Burgemeester van die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit
| |
Ampstermyn 2010 – 2016 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 1 Februarie 1957 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Politieke party | African National Congress |
Mondli Gungubele (gebore 1 Februarie 1957) is 'n Suid-Afrikaanse politikus, vakbondleier en opvoeder wat die huidige Minister in die Presidensie en 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress is. Hy was voorheen die uitvoerende burgemeester van die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (2010–2016), en het as adjunkminister van Finansies (2018–2019) en as voorsitter van die Maatskaplike Ontwikkelingskomitee (2019–2021) gedien.
Politieke loopbaan
[wysig | wysig bron]Tussen 1983 en 1990 het hy as vakbondleier in die National Union of Mineworkers (NUM) gedien. Hy was van 1989 tot 1991 aktief in die Kongres van Suid-Afrikaanse Vakbonde (COSATU). Gungubele is 'n lid van die African National Congress en was voorsitter van die ANC se takke in Joubertpark en Vosloorus. Hy was in 1991 'n stigterslid van die ANC se Oos-Randstreek nadat die party ontban is. Van 1992 tot 2017 het hy van 1992 tot 2017 op die provinsiale uitvoerende komitee van die ANC in Gauteng gedien.
In die eerste veelrassige verkiesing in 1994 is Gungubele as 'n ANC-verteenwoordiger in die Gauteng provinsiale wetgewer verkies. Hy het as lid van die Uitvoerende Raad vir verskeie portefeuljes gedien gedurende sy termyn in die Gautengse regering. Hy was die LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling en Gemeenskapsdienste van 1994 tot 1997, waarna hy as LUR vir Gesondheid tot in 1999 aangestel is. In 1999 is hy aangestel as hoof van die portefeulje Sport, Ontspanning, Kuns en Kultuur. Gungubele het voorsitter van die portefeuljekomitee vir ekonomiese sake geword. Hy het in 2007 uit die wetgewer bedank.[1]
Gungubele is in die 2009 parlementêre verkiesing tot die Nasionale Vergadering verkies. Hy het in November 2010 bedank om burgemeester van die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit te word.
Politieke poste
[wysig | wysig bron]Tydens 'n kabinetskommeling op 5 Augustus 2021 is Gungubele as minister in die presidensie deur Ramaphosa aangestel in die plek van wyle Jackson Mthembu, wat in Januarie aan COVID-19 beswyk het. As gevolg hiervan het Gungubele as voorsitter van die maatskaplike ontwikkelingskomitee uitgetree en sy komiteelidmaatskap verloor. Hy is op 6 Augustus in sy amp beëdig.
In Januarie 2022, ingevolge artikel 209(2) van die Grondwet, is Gungubele deur Ramaphosa aangewys om “politieke verantwoordelikheid vir die beheer en leiding” van die Staatsveiligheidsagentskap te aanvaar. [2] [3] Ramaphosa se besluit is deur die Demokratiese Alliansie (DA) gekritiseer as “niks meer as ’n politieke skaakskuif nie”. [4]
Gungubele is beskryf as 'n vertroueling van president Ramaphosa. Hy was krities oor oudpresident Jacob Zuma. Hy het ook die gewelddadige onluste wat in Julie 2021 in KwaZulu-Natal en Gauteng plaasgevind het, veroordeel.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Ensor, Linda (5 Augustus 2021). "Ramaphosa's trusted aide Gungubele becomes minister in the presidency". Business Day. Besoek op 6 Augustus 2021.
- ↑ "Mondli Gungubele appointed new state security boss | eNCA". www.enca.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2022. Besoek op 19 Januarie 2022.
- ↑ Pierce-Jones, Saya. "Gungubele assumes political responsibility for State Security Agency". ewn.co.za (in Engels). Besoek op 19 Januarie 2022.
- ↑ Gerber, Jan. "Gungubele appointment as spy boss a 'political chess move in ANC's factional war' - DA". News24 (in Engels (VSA)). Besoek op 19 Januarie 2022.