TuS Celle FC
Volledige naam | Turn- und Spielverein Celle Fussball-Club e.V. |
Stigtingsdatum | 23 Augustus 1945 |
Tuisveld | Günther Volker-stadion , Celle |
Kapasiteit | 11 000 |
Kompetisie | Oberliga Neder-Sakse Oos |
TuS Celle FC is 'n sportklub uit Celle in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Benewens sokker het die klub ook afdelings vir onder meer tennis, basketbal, gimnastiek, tafeltennis, handbal, judo, karate, atletiek, fietsry, taekwondo en driekamp.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die klub is op 23 Augustus 1945 gestig as TuS Celle, 'n samesmelting van die voor-oorlogse klubs SpVgg Celle 1921 and Freie Turnschaft Celle. Freie Turnschaft Celle was reeds in 1899 gestig, maar is in 1933 deur die Nazi’s ontbind, terwyl SpVgg Celle 1921 deur die Geallieerdes ontbind is na die Tweede Wêreldoorlog. Tydens die oorlogsjare was daar ook 'n militêre klub in Celle, Wehrmacht SV Celle, wat twee seisoene op die hoogste vlak in die Gauliga deurgebring het.
In 1992 het die sokkerafdeling onafhanklik geraak as TuS Celle FC en in 1996 is die naam verander na FC Celle. 'n Jaar later is die huidige benaming weer aangeneem.
Die klub het in 1968 na die Regionalliga Noord gepromoveer, destyds die tweede hoogste vlak van die Duitse sokkerstruktuur.
Onlangse ligaposisionering
[wysig | wysig bron]
|
|
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Grüne, Hardy (2001). Vereinslexikon. Kassel: AGON Sportverlag ISBN 3-89784-147-9
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Oberliga Neder-Sakse Oos 2008/09-seisoen | |
SV Blouwit Bornreihe – Eintracht Braunschweig II – FT Braunschweig – TuS Celle FC – SV Drochtersen-Assel – |