Gaan na inhoud

Mbuzini

Koördinate: 25°56′S 31°56′O / 25.933°S 31.933°O / -25.933; 31.933
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Mbuzini
Mbuzini is in Mpumalanga
Mbuzini
Mbuzini
Koördinate: 25°56′S 31°56′O / 25.933°S 31.933°O / -25.933; 31.933
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieMpumalanga
DistriksmunisipaliteitEhlanzeni
Plaaslike MunisipaliteitNkomazi
Oppervlak
 • Totaal8,71 km2 (3,36 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal9 070
 • Digtheid1 000/km2 (3 000/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)

Mbuzini is 'n dorp naby Komatipoort in Mpumalanga, Suid-Afrika. Dit is naby die grens tussen Suid-Afrika, Mosambiek en eSwatini geleë.

Die Samora Machel-monument met wrakstukke van die vliegtuig

Dit is die plek waar die Mosambiekse president, Samora Machel, en 34 passasiers in 'n noodlottige vliegramp in 1986 oorlede is. 'n Roudiens word jaarliks op 19 Oktober op die plek waar die vliegtuig geval het gehou. Die terrein beskik oor 'n monument ter nagedagtenis aan Samora Machel.

Die monument is op 19 Januarie 1999 deur Joaquim Chissano en Nelson Mandela ingewy. Dit is teen 'n koste van $240 000 opgerig en inkorporeer wrakstukke van die vliegtuig. Vyf-en-dertig oop staalbuise is aangebring wat 'n huil-klank veroorsaak as die wind daaroor waai.[1] Dit is in 2006 as 'n nasionale erfenisterrein verklaar.[2]

In 2006 is 'n biblioteek met Engelse en Portugese boeke daar naby geopen. 'n Standbeeld van Machel, wat deur 'n Noorweegse kunstenaar gemaak is, is ook hier opgerig.[3]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Samora Machel monument inaugurated" (in Engels). SADC Today. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2012. Besoek op 24 Maart 2009.
  2. "South Africans, Mozambicans urged to follow Machel's footsteps". BuaNews. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2011. Besoek op 24 Maart 2009.
  3. "Remembering Samora Machel". SouthAfrica.info. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2008. Besoek op 24 Maart 2009.