Ludlow
- Hierdie artikel handel oor die historiese Engelse markdorp. Vir die nedersetting in die Suid-Afrikaanse provinsie Mpumalanga, sien gerus Ludlow, Mpumalanga.
Ludlow LLwydlo | |
---|---|
Markdorp | |
Ludlow op 'n koue winterdag | |
Koördinate: 52°22′00″N 2°43′00″W / 52.36667°N 2.71667°W | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land | Engeland |
Seremoniële Graafskap | Shropshire |
Unitêre owerheid | Shropshire |
Historiese dokumentasie | 1086 |
Bevolking | |
• Totaal | 10 266 |
Tydsone | UTC+00:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+01:00 (BST) |
Poskode-distrik | SY8 |
Skakelkodes | 01584 |
Webwerf | ludlow.org.uk |
Ludlow (/lə́dləw/; Wallies: Llwydlo) is 'n Middeleeuse markdorp in die Engelse graafskap Shropshire, 45 km (28 myl) suid van die county town Shrewsbury en 37 km (23 myl) noord van Hereford geleë, met 'n bevolking van rofweg 11 000. Ludlow het 'n belangrike rol gespeel in die geskiedenis van Wallis en die Welsh Marches, 'n historiese streek langs die Engels-Walliese grens.
Ludlow se historiese boukuns en goed bewaarde Middeleeuse straatuitleg maak van die nedersetting 'n gewilde toeristebestemming, met sowat 500 geboue wat as historiese monumente beskerm word, insluitende Tudor-vakwerkgeboue met hul kenmerkende swart-en-wit fasades en Georgiaanse baksteenhuise. Die hoofattraksies is die Middeleeuse Normandiese kasteel wat vanaf 1085 op 'n krans bo-oor 'n rivierkronkel van die River Teme ontstaan het en die nabygeleë katedraalagtige St Lawrence-kerk, een van die grootste parogiale kerkgeboue in Engeland wat Ludlow se welvaart as 'n handelspilpunt vir wol en lakens in die 14de eeu weerspieël toe dit herbou is. Dikwels word na Ludlow verwys as the perfect historic town.[1]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Peter Long: The Hidden Places of England. Fourth edition. Aldermaston, Berks.: Travel Publishing 2004, bl. 450
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Toerisme
- Geskiedenis