Gaan na inhoud

Beatrix van Nederland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Beatrix van die Nederlande
Prinses van die Nederlande, Aruba, Curaçao en Sint Maarten
Prinses Beatrix 2015.
Prinses Beatrix 2015.
Vorstehuis Oranje-Nassau
Regeer 30 April 198030 April 2013
Kroning 30 April 1980
Voorganger Juliana van Nederland
Opvolger Willem-Alexander van Nederland
Volle naam Beatrix Wilhelmina Armgard
Gebore 31 Januarie 1938; Baarn, Nederlande
Eggenoot Klaus van Amsberg
Kinders Willem-Alexander van Nederland
Friso
Constantijn
Vader Bernhard van Lippe-Biesterfeld
Moeder Juliana van Nederland
Religie Christendom, Protestantisme

Prinses Beatrix van die Nederlande (volledige naam: Beatrix Wilhelmina Armgard, Prinses van Oranje-Nassau, Prinses van Lippe-Biesterfeld; gebore op 31 Januarie 1938) was tot 30 April 2013 die koningin (staatshoof) van die Koninkryk der Nederlande (bestaan uit Nederland, Aruba, Curaçao en Sint Maarten). Haar ouers is Prinses Juliana van Oranje-Nassau (vanaf 1948 tot 1980 koningin van Nederland) en Prins Bernhard van Lippe-Biesterfeld.

Sy word in 1980 die staatshoof nadat haar moeder afgetree het. Sy is in 1966 met die Duitser Claus van Amsberg (oorlede in 2002) getroud en het drie seuns, Willem-Alexander, Constantijn en Johan Friso. Haar troonopvolger is Willem-Alexander; hy is op 2 Februarie 2002 met die Argentyn Máxima Zorreguieta getroud.

Op 28 Januarie 2013 kondig sy aan dat sy op 30 April 2013, op Koninginnedag, gaan aftree.[1] Haar oudste seun, Willem-Alexander van Nederland het haar in die posisie as koning opgevolg.

Volledige titel

[wysig | wysig bron]

Beatrix is Majesteit en by die genade van God, prinses van die Nederlande, prinses van Oranje-Nassau, prinses van Lippe-Biesterfeld (deur haar vader), hertogin van Limburg, markiesin van Veere, erfprinses van Vlissingen, gravin van Katzenelnbogen, van Vianden, van Diez, van Spiegelberg, van Buren, van Leerdam en van Culemborg, burggrafin van Antwerpen, barones van Breda, van Diest, van Beilstein, van die stad Grave, van die lande van Cuyk, van IJsselstein, van Cranendonck, van Eindhoven, van Liesveld, van Herstel, van Warneton, van Arlay en Nozeroy, susereine en dame van Ameland, dame van Borculo, van Bredevoort, van Lichtenvoorde, van Loo, van Geertruidenberg, van Clundert, van Zevenbergen, van Hoge en Lage Zwaluwe, van Naaldwijk, van Polanen, van Sint-Maartensdijk, van Soest, van Baarn, van ter Eem, van Willemstad, van Steenbergen, van Montfort, van Sankt-Vith, van Burgenbach, van Daasburg, van Niervaart, van Turnhout en Besançon. Koningin Juliana het hieraan nog uit hoofde van haar vader se titel die titel Hertogin Mecklenburg toegevoeg.

Verwysings

[wysig | wysig bron]