4de Oscar-toekenningsaand
4de Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 10 November 1931 | |
Plek | Biltmore Hotel, Los Angeles | |
Aanbieder | Lawrence Grant | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Cimarron | |
Meeste pryse | Cimarron (3) | |
Meeste benoemings | Cimarron (7) |
Die 4de Oscar-toekenningsaand is deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences gehou om erkenning te gee aan rolprente tussen 1 Augustus 1930 en 31 Julie 1931.
Op die seremonie het die negejarige Jackie Cooper, wat vir beste akteur in Skippy benoem is, aan die slaap geraak op die skouer van Marie Dressler, ’n benoemde vir beste aktrise. Toe Dessler as die wenner aangekondig word, moes Cooper na sy ma se skoot geskuif word.
Cimarron was die eerste Wilde Weste-prent wat ’n Oscar vir beste prent gewen het en was vir 59 jaar die enigste een (totdat Dances with Wolves in 1990 gewen het). Dit was ook die eerste rolprent met sewe benoemings en die eerste prent wat meer as twee Oscars gewen het.
Jackie Cooper was die eerste kinderster wat benoem is en was vir die volgende amper 50 jaar die jongste. Hy was die tweede jongste benoemde ooit en die enigste ster onder 18 wat vir beste akteur benoem is.
Cimarron en A Free Soul was boonop die eerste twee prente wat benoemings vir meer as een toneelspeler gekry het.
Hier volg ’n lys van die wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem):
Beste produksie | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste storie | Beste verwerkte draaiboek |
|
|
Beste klankopname | |
| |
Beste redigering | Beste kinematografie |
|
|
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Academy Awards Database Geargiveer 7 Julie 2008 op Wayback Machine
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oscars.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia