Delportshoop
Delportshoop is 'n dorp op die R31 hoofpad sowat 30 km van Barkly-Wes in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp het in die 1870's as 'n delwerskamp ontstaan en spoeldiamante word nog steeds in die gebied herwin. Delportshoop is by die Vaalrivier en baie naby die samevloeiing van die Vaal - en die Hartsriviere.
Delportshoop | |
---|---|
Koördinate: 28°25′0″S 24°18′0″O / 28.41667°S 24.30000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Frances Baard |
Munisipaliteit | Dikgatlong |
Stigting | 1934 |
Oppervlak | |
• Totaal | 67,8 km2 (26,2 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 10 346 |
• Digtheid | 153/km2 (400/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 2.9% |
• Indiërs/Asiërs | 1.0% |
• Bruin mense | 43.4% |
• Swart mense | 47.9% |
• Ander | 4.9% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 49.4% |
• Afrikaans | 43.0% |
• Engels | 1.9% |
• Zoeloe | 1.2% |
• Ander | 4.6% |
Poskode (strate) | 8377 |
Poskode (posbusse) | 8377 |
Skakelkode | 053 |
Webwerf | Delportshoop |
Vaal-Gamogara-waterprojek
wysigNaby Delportshoop is die beheersentrum van die Vaal-Gamogara-waterprojek. Die projek lewer sowat 64 000m3 water per dag aan die diamant-, mangaan-, ystererts- en ander myne in die Postmasburg, Sishen, Kathu en Hotazel omgewing. Dit word gedoen deur 'n netwerk van 300 km pype, reservoirs en suiweringswerke.
Vaalbos Nasionale Park (gesluit)
wysigDie gewese Vaalbos Nasionale Park was naby Delportshoop. Die reservaat se wild is grootliks deur SANParke verskuif na die nuwe Mokala Nasionale Park in 2008, waarna Vaalbos gesluit is. Die oorheersende plantegroei is vaalbos of kanferbos en daar kom ook kameeldoringbome voor. Springbokke en rooihartbeeste is inheems aan die gebied.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- ↑ Som van die hoofplekke Delportshoop en Tidimalo tydens die 2011-sensus.