Wladimir-paleis
Voorkoms
Die Wladimir-paleis (Russies: Владимирский дворец; Wladimirski dworets) is die laaste paleis in Sint Petersburg wat vir die keiserlike familie gebou is. ’n Span argitekte het dit ontwerp vir tsaar Aleksander II se seun, groothertog Wladimir Aleksandrowitsj. Bouwerk het van 1867 tot 1872 geduur. Ná die Russiese Rewolusie is die paleis deur wetenskaplikes gebruik en dit het dus beter bewaar gebly as die meeste ander keiserlike wonings.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Vladimir Palace
- Памятники архитектуры Ленинграда. 4-е изд., перераб. Л., 1975.
- T. A. Solovyeva, Dvortsovaya Naberezhnaya, Sint Petersburg, 2005 (ISBN 5901805224)
- E. S. Chmelnitskaja, Farfor w sobrani Dwortsa welikowo Wladimira Aleksandrowitsja, Sint Petersburg, 2006 (ISBN 5901528131)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wladimir-paleis.