William Turton
Voorkoms
William Turton | |
Gebore | 21 Mei 1762 Olveston, Gloucestershire |
---|---|
Oorlede | 28 Desember 1835 Bideford |
Nasionaliteit | Brits |
Vakgebied | Naturalis |
Alma mater | Oriel College, Oxford |
William Turton (21 Mei 1762 - 28 Desember 1835) was 'n Engelse naturalis.
Willian Turton is in Olveston, Gloucestershire gebore en is opgelei by Oriel College, Oxford. Hy het in Swansea in die praktyk getree, maar het sy vrye tyd aan die natuurgeskiedenis, veral konchologie, toegewy. Hy het verskeie geïllustreerde skulpboeke gepubliseer, en 'n vertaling van Gmelin se uitgawe van Linnaeus' Systema Naturae in 1806. Turton is in Bideford dood. Sy skulpversameling is nou by die Smithsoniese Instituut. Die tweekleppige genus Turtonia en die spesie Galeomma turtoni [1] is na hom vernoem.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Turton, W. (1825). "Description of some new British shells". Zoological Journal (in Engels). 2: 361.