Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/14 Februarie
Voorkoms
- 1876 – Elisha Gray en Alexander Graham Bell doen elkeen aansoek om 'n patent vir die telefoon.
- 1879 – Chileense magte beset die Boliviese hawe Antofagasta, en veroorsaak die Stille Oseaanoorlog.
- 1900 – Die Slag van Pietershoogte begin tydens die Tweede Vryheidsoorlog.
- 1945 – Die Britse Lugmag begin die strategiese bombardering van Dresden in Sakse, Duitsland, wat lei tot 'n noodlottige vuurstorm waarin duisende burgerlikes sterf.
- 1989 – Die eerste satelliet in die satellietkonstellasie van die GPS-stelsel word in 'n wentelbaan om die aarde geplaas.