Gaan na inhoud

Walter Piston

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Walter Hamor Piston Jr, (20 Januarie 1894 - 12 November 1976) was 'n Amerikaanse komponis van klassieke musiek, musiekteoretikus en professor van musiek aan Harvard-universiteit.

Piston is in Rockland, Maine, by 15 Ocean Street gebore aan Walter Hamor Piston, 'n boekhouer, en Leon Stover. Hy was die tweede van vier kinders. [1] Alhoewel sy familie hoofsaaklik van Engelse oorsprong was, was sy grootvader aan vaderskant 'n matroos met die naam Antonio Pistone, wat sy naam verander het na Anthony Piston toe hy van Genua, Italië na Maine gekom het. In 1905 trek die komponis se vader, Walter Piston Sr, saam met sy gesin na Boston, Massachusetts.

Walter Jr het aanvanklik as ingenieur aan die Mechanical Arts High School in Boston studeer, maar sy kop het egter kunste toe gestaan. Nadat hy in 1912 gegradueer het, het hy aan die Massachusetts College of Art and Design (Massachusetts Normal Art School) ingeskryf waar hy in 1916 'n vierjarige program in kuns voltooi het.

Gedurende die 1910's het Piston 'n lewe gemaak deur klavier en viool in dansorkeste te speel en deur later viool te speel in orkeste onder leiding van Georges Longy. Tydens die Eerste Wêreldoorlog het hy as musikant by die Amerikaanse Vloot aangesluit nadat hy homself geleer het om die saxofoon te speel; hy het later verklaar dat, toe "dit duidelik geword het dat almal diensplig moes ondergaan, wou ek as musikant ingaan". [2] Terwyl hy in 'n orkes gespeel het, het hy homself geleer om die meeste blaasinstrumente te bespeel. "Dit het net rondgelê," merk hy later op, "en niemand het omgegee as jy dit optel en uitvind wat dit kan doen nie." [3]

Piston is in 1920 toegelaat tot Harvard College, waar hy kontrapunt onder Archibald Davison, die fuga onder Clifford Heilman, gevorderde harmonie onder Edward Ballantine, en komposisie en musiekgeskiedenis onder Edward Burlingame Hill studeer het. Hy het dikwels as assistent vir verskillende musiekprofessore gewerk en die studentorkes gelei. [4]

In 1920 is Piston getroud met die kunstenaar Kathryn Nason (1892–1976), wat 'n medestudent aan die Normal Art School was. [5] Die huwelik het tot haar afsterwe in Februarie 1976 geduur, enkele maande voor sy eie dood.

Nadat hy summa cum laude aan Harvard gegradueer het, het Piston die John Knowles Paine-beurs ontvang. [6] Hy het na Parys gegaan om vanaf 1924 tot 1926 daar te woon. [7] Aan die Ecole Nationale de Musique in Parys het hy komposisie en kontrapunt onder Nadia Boulanger, komposisie onder Paul Dukas en viool onder George Enescu studeer. Sy Drie Stukke vir Fluit, Klarinet en Fagot uit 1925 was sy eerste gepubliseerde werk. [8]

Hy het vanaf 1926 tot sy aftrede in 1960 klas gegee aan Harvard. Sy studente het die komponiste Samuel Adler, John Davison, Robert Middleton en Arthur Berger, Leroy Anderson, Leonard Bernstein, Gordon Binkerd, Elliott Carter, Irving Fine, John Harbison, Karl Kohn, Ellis B. Kohs, Gail Kubik, Billy Jim Layton, Noël Lee, Robert Moevs, Daniel Pinkham, Frederic Rzewski, Allen Sapp, Harold Shapero en Claudio Spies, [8] asook Frank D'Accone, [9] Ann Ronell,[10] Robert Strassburg,[11] Yehudi Wyner,[12] en William P. Perry ingesluit.

In 1936 het die Columbia Broadcasting System ses Amerikaanse komponiste (Aaron Copland, Louis Gruenberg, Howard Hanson, Roy Harris, William Grant Still en Piston) opdrag gegee om werke vir uitsending op CBS-radio te skryf. Piston het sy Simfonie No. 1 geskryf en die première daarvan op 8 April 1938 gedirigeer saam met die Boston Simfonieorkes. [13]

Piston se enigste danswerk, The Incredible Flutist, is geskryf vir die Boston Pops Orchestra, wat dit op 30 Mei 1938 die eerste keer met Arthur Fiedler as dirigent gespeel het. Die dansers was Hans Weiner en sy geselskap. Kort daarna het Piston 'n konsertsuite daarvan gerangskik, met insluiting van " 'n seleksie van die beste dele van die ballet". Hierdie weergawe is op 22 November 1940 die eerste keer deur Fritz Reiner en die Pittsburgh Simfonieorkes gespeel. Leonard Slatkin en die Saint Louis Simfonieorkes het die suite ingesluit as deel van 'n 1991 RCA Victor CD-opname wat ook Piston se Three New England Sketches en Simfonie No. 6 insluit. [14]

Piston het die twaalftoon-tegniek van Arnold Schoenberg gestudeer en werke geskryf wat aspekte daarvan inkorporeer, soos die sonate vir fluit en klavier (1930) en die Eerste Simfonie (1937). Sy eerste volledige twaalf-toon werk was die Chromatiese Studie op die Naam van Bach vir orrel (1940). [15] Alhoewel hy dwarsdeur sy loopbaan op sporadiese wyse van twaalf-toon-elemente gebruik het, is dit egter meer merkbaar in die Agtste simfonie (1965) en baie van die werke wat daarop gevolg het, soos die variasies vir tjello en orkes (1966), die Klarinetconcerto (1967), die Ricercare vir Orkes, die Fantasie vir viool en orkes (1970) en die Fluitconcerto (1971). [16]

In 1943 het die Alice M. Ditson-fonds van Columbia-universiteit Piston se Tweede Simfonie aangevra. Dit is die eerste keer op 5 Maart 1944 opgevoer deur die Nasionale Simfonieorkes en is bekroon met 'n prys deur die New York Music Critics 'Circle. Sy Altviool Concerto en strykkwartet nr. 5 het ook later die Critics 'Circle-toekenning ontvang. [8]

Piston het in 1974 die Edward MacDowell-medalje ontvang vir sy besondere bydrae tot die kunste

Piston het vier boeke geskryf oor die tegniese aspekte van musiekteorie, wat in die onderskeie velde daarvan as klassieke werke beskou word, naamlik: Principles of Harmonic Analysis, Counterpoint, Orchestration en Harmony. Die laaste hiervan het vir die eerste keer in die teoretiese literatuur 'n paar belangrike nuwe konsepte wat Piston in sy benadering tot musiekteorie ontwikkel het, bekendgestel, veral die konsep van harmoniese ritme, en die sekondêre dominante. [17] Hierdie werk het gedurende die skrywer se leeftyd deur vier uitgawes gegaan en is in verskeie tale vertaal, en (met wysigings en toevoegings deur Mark DeVoto) is nog so onlangs as 2009 beskou as 'n standaardwerk oor die harmonie. [18]

Piston is op 12 November 1976 in sy huis in Belmont, Massachusetts, oorlede. [3]Sy biblioteek en lessenaar word permanent uitgestal in die Piston Room in die Boston Openbare Biblioteek.[19]

Werke

[wysig | wysig bron]

Ballet

[wysig | wysig bron]
  • The Incredible Flutist (1938)

Orkestrale musiek

[wysig | wysig bron]
  • Simfonieë
    • Simfonie No. 1 (1937)[13]
    • Simfonie No. 2 (1943)
    • Simfonie No. 3 (1946–47) (aangevra deur die Koussevitzky Stigting)[20]
    • Simfonie No. 4 (1950) (gekomponeer vir die 100ste herdenking van die Universiteit van Minnesota)[21]
    • Simfonie No. 5 (1954)
    • Simfonie No. 6 (1955) (gekomponeer vir die 75ste herdenking van die Boston Simfonieorkes)
    • Simfonie No. 7 (1960)
    • Simfonie No. 8 (1965)
  • Symphonic Piece (1927)
  • Suite, vir orkes (1929)
  • Concerto vir orkes (1934)
  • Suite uit The Incredible Flutist (1940) (Die suite uit The Incredible Flutist is getranskribeer vir simfoniese blaasinstrument ensemble deur Sersant Donald Patterson en opgeneem deur Kol. Michael Colburn.)[22])
  • Sinfonietta (1941)
  • Fugue on a Victory Tune, vir orkes (1944)
  • Variasies op 'n deuntjie deur Eugene Goosens (1944)
  • Suite No. 2, vir orkes (1947)
  • Toccata, vir orkes (1948)
  • Serenata vir Orkes (1956)
  • Three New England Sketches (1959)
  • Simfoniese Prelude (1961)
  • Lincoln Center Festival Overture (1962)
  • Variasies op 'n Tema deur Edward Burlingame Hill (1963)
  • Pine Tree Fantasy (1965)
  • Ricercare vir Orkes (1967)
  • Bicentennial Fanfare, vir Orkes (1975)

Koperblaasinstrument ensemble

[wysig | wysig bron]
  • Fanfare for the Fighting French, vir koperblaasinstrumente en perkussie (1942)
  • Tunbridge Fair (1950) (aangevra deur die American Bandmasters Association)
  • Ceremonial Fanfare, vir koperblaasinstrumente (1969) (aangevra deur die Metropolitan Museum of Art in New York vir die museum se Eeufees uitstalling getiteld "The Year 1200")[23]

Concertante

[wysig | wysig bron]

Fluit

[wysig | wysig bron]
  • Fluitconcerto (1971)
  • Klarinetconcerto (1967)
  • Capriccio vir Harp en Strykorkes (1963)
  • Klavier Concertino (1937)
  • Concerto vir Twee Klaviere en orkes (1959)
  • Vioolconcerto No. 1 (1939)
  • Vioolconcerto No. 2 (1960)
  • Fantasie vir Viool en Orkes (1970)
  • Altviool Concerto (1957)
  • Variasies vir tjello en orkes (1966)
  • Prelude en Allegro vir orrel en strykinstrumente (1943)[20]

Ander

[wysig | wysig bron]
  • Fantasie vir Engelse horing, Harp en strykinstrumente (1953)
  • Concerto vir Strykkwartet, blaasinstrumente en perkussie (1976)

Kamermusiek/Instrumenteel

[wysig | wysig bron]
  • Strykkwartette
    • Strykkwartet No. 1 (1933)
    • Strykkwartet No. 2 (1935)
    • Strykkwartet No. 3 (1947)
    • Strykkwartet No. 4 (1951)[24]
    • Strykkwartet No. 5 (1962)
  • Drie Stukke, vir fluit, klarinet en fagot (1925)
  • Sonate vir fluit en klavier (1930)
  • Suite vir hobo en klavier (1931)
  • Klaviertrio No. 1 (1935)
  • Sonate vir viool en klavier (1939)
  • Sonatina vir viool en klavesimbel (1945)[25]
  • Interlude, vir altviool en klavier (1942)[13]
  • Fluitkwintet (1942)
  • Partita, vir viool, altviool en orrel (1944)[20]
  • Divertimento, vir nege instrumente (1946)
  • Duet vir Altviool en Tjello (1949)
  • Klavierkwintet (1949)
  • Kwintet vir blaasinstrumente (1956)
  • Klavierkwartet (1964)
  • Sekstet vir strykinstrumente (1964)
  • Klaviertrio No. 2 (1966)
  • Souvenirs, vir fluit, altviool en harp (1967)
  • Duet vir tjello en klavier (1972)[26]
  • Three Counterpoints, vir viool, altviool en tjello (1973)

Klavier

[wysig | wysig bron]
  • Klaviersonate (1926) [ongepubliseer, onttrek]
  • Passacaglia (1943)
  • Improvisation (1945)
  • Variation on Happy Birthday (1970)
  • Chromatic Study on the Name of BACH (1940)[13]
  • Carnival Song, vir manlike koor en koperblaasinstrumente (1938)
  • Mars (1940)
  • Psalm and Prayer of David, vir gemengde koor en sewe instrumente (1959)
  • "O sing unto the Lord a new song" (Psalm 96)
  • "Bow down thine ear, O Lord" (Psalm 86)

Boeke

[wysig | wysig bron]
  • Principles of Harmonic Analysis. Boston: E. C. Schirmer, 1933.
  • Harmony. New York: W. W. Norton & Company, Inc., 1941. Madison, Wisc. ISBN 0-393-09034-5.
  • Counterpoint. New York: W. W. Norton & Company, Inc., 1947.
  • Orchestration. New York: Norton, 1955. Russiese vertaling, as 'Оркестровка', vertaling en notas deur Constantine Ivanov. Moskou: Soviet Composer, 1990, ISBN 5-85285-014-4.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Music and History: Walter Piston". www.musicandhistory.com. Besoek op 6 Junie 2019.
  2. Westergaard 1968, 3.
  3. 3,0 3,1 Hudson 1976.
  4. Pollack 2001; Westergaard 1968, 4.
  5. Oja 2011.
  6. Westergaard 1968, 4.
  7. Thomson 1962.
  8. 8,0 8,1 8,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named GrovePollack627
  9. Morgan 2001.
  10. Andersen 2001.
  11. Pfitzinger 2017, 422 & 522.
  12. Perlis 2001.
  13. 13,0 13,1 13,2 13,3 Carter 1946, 374.
  14. Anon. 1991.
  15. Pollack 1982, 35, 72–73.
  16. Archibald 1978, 267.
  17. Thompson 1980, 127 , 143.
  18. Firmino, Bueno en Bigand 2009, 206.
  19. Boston Public Library webwerf, Rare Boeke Departement Geargiveer 10 Februarie 2018 op Wayback Machine.
  20. 20,0 20,1 20,2 Carter 1946, 375.
  21. Lowe 2002.
  22. US Marine Band, Family Album, 2006. Etiket: Altissimo! Verw: B000QZSTZ2.
  23. Finding aid for the George Trescher records related to The Metropolitan Museum of Art Centennial, 1949, 1960-1971 (bulk 1967-1970). The Metropolitan Museum of Art. Opgespoor op 6 Augustus 2014.
  24. Pollack 1982, 108; Pollack 1987.
  25. Stowell 1992, 189.
  26. Anon. 2007.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Andersen, Leslie N. (2001). "Ronell, Ann [Rosenblatt, Ann]". The New Grove Dictionary of Music and Musicians, tweede uitgawe, geredigeer deur Stanley Sadie en die musikoloog John Tyrrell. Londen: Macmillan Publishers.
  • Anon. (1991). Liner notes for RCA Victor recording 60798-2-RC.
  • Anon. (n.d.). "Robert Strassburg". Bangor, ME: LeDor Publishing webwerf (besoek op 16 Junie 2017).
  • "Announcement of Albany Recording of Cello and Piano Duo". Records International. November 2007. Besoek op 18 November 2007.
  • Archibald, Bruce (1978). "Reviews of Records: 'Walter Piston: Symphony No. 7, Symphony No. 8, Louisville Orchestra, Jorge Mester; Walter Piston: Symphony No. 5, Louisville Orchestra, Robert Whitney; Walter Piston: Concerto for Viola and Orchestra, Paul Doktor, viola, Louisville Orchestra, Robert Whitney; Walter Piston: The Incredible Flutist, Louisville Orchestra, Jorge Mester.'". The Musical Quarterly. 64 (2 (April)): 263–68. doi:10.1093/mq/lxiv.2.263. ISSN 0027-4631. JSTOR 741453.
  • Carter, Elliott (1946). "Walter Piston". The Musical Quarterly. 32 (3 (July)): 354–75, list of works and premieres up to 1946 on pp. 374–75. doi:10.1093/mq/XXXII.3.354. ISSN 0027-4631. JSTOR 739196.
  • DeVoto, Mark (1994). "Walter Piston, Practical Theorist". (Besoek op 03/02/11).
  • Firmino, Érico Artioli, José Lino Oliveira Bueno, en Emmanuel Bigand. 2009. "Travelling Through Pitch Space Speeds up Musical Time". Music Perception: An Interdisciplinary Journal 26, no. 3 (Februarie): 205–209.
  • Greene, David Mason (1985). Greene's Biographical Encyclopedia of Composers. Garden City, N.Y.: Doubleday. ISBN 978-0-385-14278-6.
  • Levin, Neil W. (2017). "Robert Strassburg (1915–2003)". Milken Archive of Jewish Music (besoek op 16 Junie 2017)..
  • Lowe, Steven (2002). CD notas tot Walter Piston: Simfonie No. 4, Capriccio vir Harp en Strykorkes, Three New England Sketches. Seattle Simfonieorkes; Gerard Schwarz, dirigent. Naxos CD 8.559162.
  • Morgan, Paula (2001). "D'Accone, Frank A(Anthony)". The New Grove Dictionary of Music and Musicians, tweede uitgawe, geredigeer deur Stanley Sadie en John Tyrrell. Londen: Macmillan Publishers.
  • Oja, Carol J. (2011). "Walter Piston (1894-1976)". American Symphony Orchestra Program Notes (29 Maart). (Besoek op 03/02/11).
  • Perlis, Vivian (2001). "Wyner, Yehudi". The New Grove Dictionary of Music and Musicians, tweede uitgawe, geredigeer deur Stanley Sadie en John Tyrrell. Londen: Macmillan Publishers.
  • Pfitzinger, Scott (2017). Composer Genealogies: A Compendium of Composers, Their Teachers, and Their Students. New York, London: Rowman & Littlefield. ISBN 9781442272248.
  • Pollack, Howard (1982). Walter Piston. Ann Arbor, Mich: UMI Research Press. ISBN 0-8357-1280-X.
  • Pollack, Howard; Piston, Walter (1987). "Review: String Quartets, Nos. 1–5; Quintet for Flute and String Quartet by Walter Piston". American Music. 5 (1 (Spring)): 119–21. doi:10.2307/3051879. ISSN 0734-4392. JSTOR 3051879.
  • Pollack, Howard (1992). Harvard Composers: Walter Piston and His Students, from Elliott Carter to Frederic Rzewski. Metuchen, N.J.: Scarecrow Press. ISBN 0-8108-2493-0.
  • Pollack, Howard (2001). "Piston, Walter (Hamor)". Grove Music Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2007. Besoek op 30 Desember 2021., Deane Root, hoofredakteur. (betaalmuur). Voorheen gepubliseer in The New Grove Dictionary of Music and Musicians, tweede uitgawe, geredigeer deur Stanley Sadie en John Tyrrell. Londen: Macmillan Publishers, 2001.
  • Slonimsky, Nicolas; Laura Kuhn; Dennis McIntire, reds. (2001). Baker's Biographical Dictionary of Musicians, Centennial Edition (ninth uitg.). New York: Schirmer Books. ISBN 978-0-02-865525-3.
  • Stowell, Robin (1992). The Cambridge Companion to the Violin. Cambridge Companions to Music. Cambridge; New York: Cambridge University Press. ISBN 0-521-39923-8.
  • Thompson, David (1980). A History of Harmonic Theory in the United States. Kent, Ohio: The Kent State University Press.
  • Thomson, Virgil (1962). "'Greatest Music Teacher' at 75". Music Educators Journal 49, no. 1 (Sept.–Okt.): 43.
  • Westergaard, Peter; Walter Piston (1968). "Conversation with Walter Piston". Perspectives of New Music. 7 (1 (Fall–Winter)): 3–17. doi:10.2307/832423. ISSN 0031-6016. JSTOR 832423.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]