Wahlbergse vrugtevlermuis
Voorkoms
Wahlbergse vrugtevlermuis | |
---|---|
Arusha, Tanzanië | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | E. wahlbergi
|
Binomiale naam | |
Epomophorus wahlbergi (Sundevall, 1846)
| |
Verspreiding |
Die Wahlbergse vrugtevlermuis (Epomophorus wahlbergi) is 'n vlermuis en kom aan die ooskus van Suid-Afrika, die Limpopovallei, sentrale Zimbabwe en Mosambiek voor. In Engels staan dit bekend as die Fruit bat. Die oorbasisse is wit en daar is wit epoulette op die mannetjie se skouers. Hulle rus bedags in kolonies in die kroon van 'n boom. Die vlermuis word tot 14 cm lank en weeg tot 110 gram. Hulle kom voor in rivierbosse en ander bosse met vrugtedraende bome. Hulle verkies sagtevrugte soos wildevye, moepel en jakkalsbessies. Een kleintjie word in die somer gebore.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere
- Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name
- Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Bron
[wysig | wysig bron]- Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. ISBN 978 1 875093 46 5. 2009