Waas
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Waas, oftewel dynserigheid, begin by die verdamping van vog wat met kerndeeltjies gelaai is. Die deeltjies groei en groei totdat hulle later weer as reëndruppels terugval.
Die groeiende druppels word waasdruppels (haze drops) genoem vóórdat hulle reëndruppels word. Hulle is weens hul vrag sout, stof of fabrieksvuil, dig en nie juis deursigtig nie.
Wanneer daar op soel dae tóg soms ’n bietjie dynserigheid tussen die waarnemer en die berge is, is dit omdat die verbuiging van lig deursigtigheid belemmer.
Wasigheid op warm dae is erger as op koel dae. Dit is omdat verdamping van klein kerndeeltjies in warm weer vinniger geskied en dit is húlle wat die sig belemmer.
Wanneer daar egter op ’n stil, koue dag wasigheid oor 'n gebied hang, is dit 'n anders storie. Dit is besoedeling wat met warm lug van die warm aarde af opstyg en teen ’n plafon van koue lug te staan kom. Dan is dit eenvoudig rookmis.
Bron
[wysig | wysig bron]- 'n ABC van mis, newel en waas, Die Burger, 2 November 2007