Wêreldbond van Bybelgenootskappe
Voorkoms
Die Wêreldbond van Bybelgenootskappe is ’n wêreldwye vereniging vir Bybelgenootskappe. In 1946 het afgevaardigdes uit 13 lande saam die Wêreldbond gestig, met die doel om die aktiwiteite van Bybelgenootskappe te koördineer. Die eerste hoofkantore was in Londen en Genève.[1] Die huidige sekretaris-generaal van die Wêreldbond van Bybelgenootskappe is Michael Perreau.
Geaffilieerde genootskappe
[wysig | wysig bron]Die Wêreldbond bestaan uit 145 genootskappe, wat in meer as 200 lande en streke werksaam is.[2] Dit sluit in:
- Die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap (1804)
- Die Pennsilvaniese Bybelgenootskap (1808)
- Die Amerikaanse Bybelgenootskap (1816)
- Die Bybelgenootskap in Australië (1817)
- Bybelgenootskap NSW (1817)
- Die Colombiaanse Bybelgenootskap (1825)[3]
- Die Bybelgenootskap In Nieu-Seeland (1846)
- Die Kanadese Bybelgenootskap / Société biblique canadienne (1904)
- Die Deutsche Bibelgesellschaft (Die Duitse Bybelgenootskap) (1948)
- Alliance Biblique Universelle
- Sociedades Biblicas Unidas
- Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika [4]
- Die Oekraïnse Bybelgenootskap
- Die Russiese Bybelgenootskap
- Die Japannese Bybelgenootskap
- Die Hongaarse Bybelgenootskap
- Die Nederlandse Bybelgenootskap [5]
- Die Sloweense Bybelgenootskap Geargiveer 5 Augustus 2011 op Wayback Machine
- Die Griekse Bybelgenootskap
- Die Indonesiese Bybelgenootskap [6]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Julie 2010. Besoek op 7 November 2011.
- ↑ biblesociety.org, nageslaan op 24 Januarie 2011
- ↑ Columbian Bible Society Geargiveer 17 Junie 2007 op Wayback Machine webwerf
- ↑ Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika webwerf
- ↑ Die Nederlandse Bybelgenootskap webwerf
- ↑ 'Lembaga Alkitab Indonesia' webwerf