Ugyen Wangchuck
Ugyen Wangchuck | ||
1ste koning van Bhoetan | ||
Bewind | 17 Desember 1907 – 26 Augustus 1926 | |
Voorganger | Geen (monargie geskep) | |
Opvolger | Jigme Wangchuck | |
Gade | Ludrong Dolma Rinchen Pelmo Ngodrup Pemo Tsundue Pema Lhamo | |
Koningshuis | Wangchuck | |
Gebore | 11 Junie 1862 | |
Gesterf | 26 Augustus 1926 (op 64) | |
Vader | Jigme Namgyal | |
Moeder | Pema Choki |
Ugyen Wangchuck (Dzongkha: ཨོ་རྒྱན་དབང་ཕྱུག, Wylie: o rgyan dbang phyug; 11 Junie 1862 – 26 Augustus 1926) was van 1907 tot 1926 die eerste koning van Bhoetan, of Druk Gyalpo ("Draakkoning"). In sy leeftyd het hy groot pogings aangewend om die land te verenig en die vertroue van sy volk te wen.
Lewe
[wysig | wysig bron]Hy was die seun van die 10de penlop van Trongsa, Jigme Namgyel. Nadat Namgyel die 48ste Druk Desi geword het, het hy die 17-jarige Ugyen as die 23ste penlop van Paro aangestel. Ugyen was skaars 21 toe sy pa dood is en hy het hom daarna bewywer om die mag in die land onder hom te vestig.
Hy het die monargie in 1907 gestig nadat hy deur ’n vergadering van geestelikes, amptenare en aristokratise families as koning gekies is.[1] Teen daardie tyd was hy eintlik al 10 jaar lank die land se werklike leier.[2]
Bhoetan se eerste koning is in 1926 oorlede toe hy 64 was. Sy seun Jigme Wangchuck was 23 toe hy sy pa opvolg.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ dpel ‘brug zhib ‘jug lté ba (CBS) (2008). ‘brug brgyd ‘zin gyi rgyel mchog dang pa mi dwang au rgyan dwang phyug gi rtogs brjod bzhugs so (Die Biografie van die Tweede Koning van Bhoetan, Jigme Wangchuck). Thimphu: The Centre for Bhutan Studies. ISBN 978-99936-14-47-0.
- ↑ Sood, Shubhi (2008). Bhutan: 100 Years of Wangchuck Vision. Noida: SDS Publications.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Bhoetan se koninklike familie
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia