The Blind Assassin
Voorkoms
The Blind Assassin
| |
---|---|
Skrywer | Margaret Atwood |
Land | Kanada |
Taal | Engels |
Genre | Historiese fiksie |
Uitgewer | McClelland & Stewart |
Uitgegee | 2 September 2000 |
Medium | Druk (gebind & sagteband) |
Bladsye | 536 |
ISBN | 0-385-47572-1 |
The Blind Assassin is 'n roman van die Kanadese skrywer Margaret Atwood wat in 2000 met die Booker-prys bekroon is. Die intrige van hierdie roman het te doen met 'n twintigste-eeuse familiesaga. Dit kan as historiese fiksie geklassifiseer word, maar bevat ook opmerklike Gotiese en wetenskapsfiksie-elemente. Die struktuur werk soos 'n matroesjka-pop omdat daar 'n roman binne 'n roman binne die werklike roman versteek is.