Siener in die suburbs (1973)
Siener in die suburbs | |
---|---|
Draaiboek | PG du Plessis |
Met | Marius Weyers Sandra Prinsloo Don Lamprecht |
Uitgereik | 1973 |
Speeltyd | 90 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Siener in die suburbs is 'n Afrikaanse drama wat in 1971 deur PG du Plessis geskryf is. Die drama het, saam met sy debuutboek, Die nag van Legio aan hom die Hertzogprys in 1972 besorg. Die drama word op verskeie kere opgevoer en is ook as draaiboek vir die gelyknamige rolprent gebruik.
Genre
[wysig | wysig bron]Die rolprent is 'n drama. Dit het geen ouderdomsperk nie, maar ouerleiding word aanbeveel.
Hoofrolspelers
[wysig | wysig bron]- Marius Weyers as Jakes
- Sandra Prinsloo as Tiemie
- Don Lamprecht as Tjokkie
- George Ballot as Albertus
Storielyn
[wysig | wysig bron]Die stuk speel af in 'n armoedige suidelike voorstad van Johannesburg. Jakes is die "zef" ou wat 'n ma soek vir sy laaitie. Tiemie, die ma, wil egter niks hiervan weet nie. Sy wil wegkom uit die "suburbs", met 'n ryk man trou en "van geweet wees". Haar broer, Tjokkie is die siener wat onder meer "sien" hoe 'n ander man as Jakes haar swanger maak. Natuurlik met rampspoedige gevolge.