Gaan na inhoud

Rooipootelsie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Rooipootelsie
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Charadriiformes
Familie: Recurvirostridae
Genus: Himantopus
Spesie:
H. himantopus
Binomiale naam
Himantopus himantopus
Subspesies
Sien teks.
Verspreidings-kaart

Die rooipootelsie (Himantopus himantopus) is 'n wydverspreide, langbeenwaadvoël in die steltfamilie Recurvirostridae.

Identifikasie

[wysig | wysig bron]

Volwasse voëls is 33–36 cm lank. Hulle het lang pienk bene, 'n lang dun swart snawel en is hoofsaaklik wit met 'n swart hoof en 'n swart rug.

Habitat

[wysig | wysig bron]

Hulle broei hoofsaaklik in vleie, vlak mere en vlak damme. Die nes is op oop grond naby water.

Verspreiding

[wysig | wysig bron]

Die rooipootelsie kom voor in die suide en Suid-Ooste van Europa, Sentraal-Asië, Afrika, Australië, Sentraal-Amerika, Suid-Amerika, Hawaii, die Filippyne, Suid-Sentraal Kanada, die Weste en Suid-Ooste van die VSA.

Subspesies

[wysig | wysig bron]
  • H. h. himantopus
  • H. h. leucocephalus
  • H. h. knudseni
  • H. h. mexicanus
  • H. h. melanurus

Ander name

[wysig | wysig bron]
  • Engelse naam: Black-winged Stilt
  • Wetenskaplike naam: Himantopus himantopus

Galery

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]