Rooipendoring
Rooipendoring | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | G. senegalensis
|
Binomiale naam | |
Gymnosporia senegalensis (Lam.) Loes.
| |
Sinonieme | |
|
Die Rooipendoring (Gymnosporia senegalensis) - voorheen Maytenus senegalensis - is 'n klein boompie wat voorkom in KwaZulu-Natal en die noordelike dele van Suid-Afrika en is ook volop in die Nasionale Kruger Wildtuin, waar dit eerder as 'n struik groei. Die boom se takke is reguit en bewapen met tot 4 cm lange dorings. Die blare is blougroen en die rande is fyn getand. Die boom dra roomwit, wit of groenerige wit blomme van ongeveer 4 mm in deursnee in oorvloed. Die bloeisels val egter redelik maklik af en dan lyk dit asof confetti onder die boom gesprei is. Daarom staan die boom bekend as die Confetti spikethorn in Engels.
In Afrika kom die boom in Algerië, Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Djiboeti, Eswatini, Eritrea, Ethiopië, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kameroen, Kanariese Eilande, Kenia, Malawi, Mali, Mauritanië, Marokko, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Somalië, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Wes-Sahara, Zambië en Zimbabwe voor.
In Asië en Europa kom die boom in Afghanistan, Indië, Iran, Jemen, Oman, Pakistan, Saoedi-Arabië en Spanje voor.
Die spesie het vier subspesies:
- Gymnosporia senegalensis var. angustifolia Engl. & Loes.
- Gymnosporia senegalensis subsp. europaea (Boiss.) Rivas Goday & Rivas Mart.
- Gymnosporia senegalensis subsp. orientalis
- Gymnosporia senegalensis subsp. senegalensis
Die boom se FSA-nommer is 402[1]
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
- IUBN Rooilys veilige spesies
- Gymnosporia
- Flora van Afghanistan
- Flora van Algerië
- Flora van Angola
- Flora van Benin
- Flora van Botswana
- Flora van Burkina Faso
- Flora van Burundi
- Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo
- Flora van Djiboeti
- Flora van Eswatini
- Flora van Eritrea
- Flora van Ethiopië
- Flora van Gambië
- Flora van Ghana
- Flora van Guinee
- Flora van Guinee-Bissau
- Flora van Indië
- Flora van Iran
- Flora van Ivoorkus
- Flora van Jemen
- Flora van Kameroen
- Flora van die Kanariese Eilande
- Flora van Kenia
- Flora van Malawi
- Flora van Mali
- Flora van Mauritanië
- Flora van Marokko
- Flora van Mosambiek
- Flora van Namibië
- Flora van Niger
- Flora van Nigerië
- Flora van Oman
- Flora van Pakistan
- Flora van die Republiek die Kongo
- Flora van Rwanda
- Flora van Saoedi-Arabië
- Flora van Senegal
- Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek
- Flora van Sierra Leone
- Flora van Somalië
- Flora van Soedan
- Flora van Spanje
- Flora van Suid-Afrika
- Flora van Tanzanië
- Flora van Togo
- Flora van Tsjad
- Flora van Uganda
- Flora van Wes-Sahara
- Flora van Zambië
- Flora van Zimbabwe