Punta del Este
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Uruguay |
Koördinate | 34°58′S 54°57′W / 34.967°S 54.950°W |
Stigting | 1829 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 67 vk km |
Hoogte bo seevlak | 0 m |
Bevolking: | |
- Totaal (sensus 2009) | 19 263 |
- Metropolitaanse gebied (2009) | 100 000+ |
- Bevolkingsdigtheid | 287,5/vk km |
Tydsone | UTC -3 |
Klimaat | |
- Tipe | Gematigde seeklimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 16,3 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 21,5 / 11,4 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 938 mm |
Burgemeester | Martin Laventure (NP) |
Amptelike Webwerf | maldonado.gub.uy Geargiveer 4 September 2009 op Wayback Machine |
Punta del Este is die gewildste vakansieoord van Uruguay (Suid-Amerika), sowat 145 km oos van die hoofstad Montevideo, met 'n bevolking van 19 263 in 2009.
Teen die begin van die 19de eeu was die gebied van Punta del Este nog 'n half verlate streek wat net deur vissers en seemanne aangedoen word.
Danksy die ligging op 'n skiereiland wat die waters van die Río de la Plata en die Atlantiese Oseaan van mekaar skei, met 40 km se wit strande, natuurparke en bosgebiede in die omgewing, ontwikkel Punta del Este tot een van die grootste en bekendste strandoorde in Suid-Amerika wat jaarliks honderdduisende binne- en buitelandse toeriste lok.
Punta del Este, met 'n stadshorison wat deur talle wolkekrabbers oorheers word, beskik oor 'n eersterangse infrastruktuur met twee lughawens, 'n plesierboothawe wat sowat 500 jagte kan akkommodeer, meer as 100 hotelle en 80 restourante, kasino's, diskoteke en ander geriewe. Die belastingwetgewing van Uruguay het van die stad ook 'n internasionale finansiële sentrum gemaak, wat beleggers van dwarsoor die wêreld lok.
Punta Ballena, naby die stad, is 'n uitstekende uitkykplek om walvisse te sien. Die eilande Isla Gorriti en Isla de Lobos is die tuiste van 'n groot kolonie seeleeus.