Paralimpiese Winterspele 2006
IXe Paralimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Paralimpiese Winterspele 2006 (Italiaans: IX Giochi paralimpici invernali) is tussen 10 en 19 Maart 2006 in Turyn, Italië, aangebied. Tydens die geleentheid het 474 atlete uit 38 nasies aan 58 items in 5 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1] Dit was die negende Paralimpiese Winterspele wat aangebied is.
Die Olimpiese Winterspele 2006 is tussen 10 en 26 Februarie in Turyn gehou.
Toewysing
[wysig | wysig bron]As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Winterspele 2006 ook die gasheer vir die Paralimpiese Winterspele 2006.[2] Turyn is op 19 Junie 1999 in Seoel deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2006. Ander kandidate was: Sion, Helsinki, Klagenfurt, Poprad-Tatry en Zakopane.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2006[3] | ||
---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 |
Turyn | Italië | 53 |
Sion | Switserland | 36 |
Helsinki | Finland | – |
Klagenfurt | Oostenryk | – |
Poprad-Tatry | Slowakye | – |
Zakopane | Pole | – |
Sporte
[wysig | wysig bron]5 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.
- Alpeski (24)
- Heg-en-steg-ski (20)
- Paratweekamp (12)
- Rolstoelysbal (1)
- Sleehokkie (1)
Kalender
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die aantal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | SS | Sluitingseremonie |
Maart 2006 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | Items |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Alpeski | 2 | 4 | 2 | 4 | 2 | 4 | 2 | 4 | 24 | ||
Heg-en-steg-ski | 6 | 6 | 2 | 2 | 4 | 20 | |||||
Paratweekamp | 6 | 6 | 12 | ||||||||
Rolstoelysbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | |||
Sleehokkie | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | |||
Totaal | 8 | 10 | 2 | 10 | 6 | 2 | 6 | 6 | 8 | 58 | |
Seremonies | OS | SS |
Deelnemende nasies
[wysig | wysig bron]Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:
- Andorra (2)
- Armenië (2)
- Australië (10)
- België (1)
- Bulgarye (3)
- Chili (2)
- Denemarke (6)
- Duitsland (35)
- Finland (7)
- Frankryk (19)
- Griekeland (1)
- Hongarye (2)
- Iran (1)
- Italië (39)
- Japan (40)
- Kanada (35)
- Kasakstan (2)
- Kroasië (1)
- Letland (1)
- Meksiko (1)
- Mongolië (1)
- Nieu-Seeland (2)
- Noorweë (29)
- Oekraïne (12)
- Oostenryk (25)
- Pole (11)
- Rusland (29)
- Slowakye (17)
- Slowenië (1)
- Spanje (9)
- Suid-Afrika (1)
- Suid-Korea (3)
- Swede (19)
- Switserland (21)
- Tsjeggië (5)
- Verenigde Koninkryk (20)
- Verenigde State (56)
- Volksrepubliek China (8)
- Belarus
Suid-Afrikaanse deelname
[wysig | wysig bron]Suid-Afrika het aan hierdie Paralimpiese Winterspele deelgeneem, maar kon geen medaljes verower nie.
Aantal medaljes
[wysig | wysig bron]Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Rusland (RUS) | 29 | 13 | 13 | 7 | 33 |
2 | Duitsland (GER) | 35 | 8 | 5 | 5 | 18 |
3 | Oekraïne (UKR) | 12 | 7 | 9 | 9 | 25 |
4 | Frankryk (FRA) | 19 | 7 | 2 | 6 | 15 |
5 | Verenigde State (USA) | 56 | 7 | 2 | 3 | 12 |
6 | Kanada (CAN) | 35 | 5 | 3 | 5 | 13 |
7 | Oostenryk (AUT) | 25 | 3 | 4 | 7 | 14 |
8 | Japan (JPN) | 40 | 2 | 5 | 2 | 9 |
9 | Italië (ITA) | 39 | 2 | 2 | 4 | 8 |
10 | Pole (POL) | 11 | 2 | 0 | 0 | 2 |
11 | Belarus (BLR) | – | 1 | 6 | 2 | 9 |
12 | Noorweë (NOR) | 29 | 1 | 1 | 3 | 5 |
13 | Australië (AUS) | 10 | 0 | 1 | 1 | 2 |
Slowakye (SVK) | 17 | 0 | 1 | 1 | 2 | |
Spanje (ESP) | 9 | 0 | 1 | 1 | 2 | |
Switserland (SUI) | 21 | 0 | 1 | 1 | 2 | |
17 | Tsjeggië (CZE) | 5 | 0 | 1 | 0 | 1 |
Verenigde Koninkryk (GBR) | 20 | 0 | 1 | 0 | 1 | |
19 | Swede (SWE) | 19 | 0 | 0 | 1 | 1 |
Totaal (19 NPKs) | – | 58 | 58 | 58 | 174 |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2018. Besoek op 27 Junie 2019.
- ↑ (en) "Paralympics 2012: London to host 'first truly global Games'". BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op 27 Junie 2019.
- ↑ (en) "Past Olympic Host City Election Results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 27 Junie 2019.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Paralimpiese Winterspele 2006.
- (en) Torino 2006 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.