Oranjekol-klipkabeljou
Voorkoms
Oranjekol-klipkabeljou | |
---|---|
Oranjekol-klipkabeljou in Iran | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | E. coioides
|
Binomiale naam | |
Epinephelus coioides (Hamilton, 1822)
|
Die oranjekol-klipkabeljou (Epinephelus coioides) is 'n vis wat in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika van die Persiese Golf tot by Durban voorkom. Die vis het onlangs die Middellandse See binnegedring via die Suezkanaal. In Engels staan die vis bekend as die Orangespotted rockcod.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die vis het oranje tot rooibruin kolletjies op die lyf en vinne en die kolletjies verdof soos die vis ouer word. Die vis word tot 100 cm groot.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die vis word gevind in riviermondings en ook in kuswater tot op dieptes van 100 m. Hulle vreet hoofsaaklik ander vis en skaaldiere. Die vis is gewild in die Taiwannese mark as 'n eetvis.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7