Muis (rekenaar)
Voorkoms
'n Muis is 'n randapparatuur toestel wat gebruik word om met 'n rekenaar te werk. As die muis op 'n ondersteunende oppervlak beweeg word, word die twee-dimensionele beweging op die skerm weerspieël. Fisies bestaan 'n muis uit 'n huisie wat in die gebruiker se hand gehou word, met een of meer knoppies en 'n opsionele rolwiel.
Die term “muis” het ontstaan by die Stanford Universiteit omdat vroeëre modelle soos die knaagdier gelyk het.
Die eerste geïntegreerde muis op die mark was deel was van 'n persoonlike rekenaar, die Xerox 8010 Star Information System wat in 1981 vrygestel was.