Gaan na inhoud

Mikojan-Goerewitsj MiG-3

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Mikojan-Goerewitsj MiG-3
Gerestoureerde MiG-3 by 'n lugskou
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger Mikojan-Goerewitsj
Nooiensvlug 29 Oktober 1940
Hoofgebruikers Sowjetlugmag
Sowjetvlootlugmag
Aantal gebou 3 422

Die Mikojan-Goerewitsj MiG-3 was 'n Russiese veg- en onderskepvliegtuig wat tydens die Tweede Wêreldoorlog gebruik is. Die vliegtuig is ontwikkel uit die Mikojan-Goerewitsj MiG-1. Verbeterings aan die MiG-1 is: groter togafstand, beter beskerming en verbeterde bewapening. Die MiG-3 was beskikbaar vanaf April 1941 tesame met die MiG-1. Die een nadeel van die MiG-3 is dat dit doeltreffender was teen hoogtes bo 5 000 m. Sy spoed het egter verseker dat hy die Luftwaffe se vegters goed kon teenstaan.

Die vegvliegtuig is in April 1941 ontplooi op die front saam met die MiG-1, wat aanhou vervaardig is ten spyte van sy swakhede. Die Russe het gevoel alhoewel die MiG-1 half verouder is, is dit beter om hulle te ontplooi as om geen vliegtuie teen die Duitsers te ontplooi nie. Die MiG-3 was 'n moeilike vliegtuig om te vlieg, maar sy spoed het verseker dat hy mededingend in die lug was. Produksie van die MiG-3 is in 1942 gestaak; teen daardie tyd het die Luftwaffe se nuwe vegters die oorhand oor die MiG-3 gekry. Daar is altesaam 3 422 MiG-1- en MiG-3-vliegtuie vervaardig. Die vliegtuig is van die front verwyder en vir verkennings- en ondersteuningsvlugte gebruik.

Tegniese besonderhede

[wysig | wysig bron]
Besonderhede van die Mikojan-Goerewitsj MiG-3:
Item Statistiek
Aantal motore 1
Tipe motor Skroef
Vervaardiger Mikulin AM-35A V-12 motor
Kraglewering per motor 1 350 perdekrag
Vlerkspan 10,2 m
Lengte 8,3 m
Hoogte 3,5 m
Vlerkoppervlakte 17,44 m2
Maks. opstygmassa 3 350 kg
Maks. snelheid 640 km/h
Diensplafon 12 000 m
Togafstand 820 km
Klimvermoë 1 200 m per minuut
Bewapening Een 12,7 mm- en twee 7,62 mm-
masjiengewere in neus
en tot 200 kg bomme
of vuurpyle onder vlerke

Sien ook

[wysig | wysig bron]