Gaan na inhoud

Martialis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Martialis
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.

Geboorte Maart, tussen 38 en 41 n.C.
Augusta Bilbilis (nou in Spanje)
Sterfte Tussen 102 en 104 n.C.
Rome
Beroep Skrywer
Genre(s) Satire
Bekendste werke Epigramme

Marcus Valerius Martialis (ook net as Martialis bekend; tussen 38 en 41 n.C. tot tussen 102 en 104 n.C.) was ’n Romeinse digter van Hispania (nou Spanje) wat die bekendste is vir sy 12 boeke Epigramme, wat tussen 86 en 103 n.C. gepubliseer is, tydens die bewind van keisers Domitianus, Nerva en Trajanus. In hierdie kort, gevatte satiriese gedigte skryf hy oor die stadslewe en die skandalige bedrywighede van sy tydgenote, en romantiseer hy sy plattelandse opvoeding. Hy het altesaam 1 561 geskryf, waarvan 1 235 elegiese koeplette is.

Martialis is al die grootste Latynse epigrammatis genoem,[1][2] en word beskou as die vader van die moderne epigram.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Czigány, Lóránt. "Janus Pannonius" (in Engels). Library of Hungarian Studies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2019. Besoek op 19 Januarie 2017.
  2. Johnston, Patricia A. "Epigrams and Satire in Latin Poetry". Oxford University Press. Besoek op 19 Januarie 2017.