Gaan na inhoud

Lotustempel

Koördinate: 28°33′11.97″N 77°15′30.96″O / 28.5533250°N 77.2586000°O / 28.5533250; 77.2586000
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Lotustempel in Delhi, Indië
Die Lotustempel snags
Die Lotustempel se Inligtingsentrum
Die Lotustempel se tuine

Die Lotustempel is die naasjongste van die agt vastelandse Baha’i-tempel. Dit is geleë in die stadsdeel Bahapur van Delhi in Indië en is ontwerp deur die Irannees-Kanadese argitek Fariborz Sahba, wat in 1976 opdrag gegee is. Die naam is ontleen aan die gebou se ontwerp, wat aan 'n lotusblom herinner. Die gebou is op 24 Desember 1986 ingewy, het sedertdien talle argitektuurpryse ontvang en is in talle tydskrifte en koerante uitgebeeld.[1] Die sakrale gebou is een van die Baha’i-geloof se bekendste bakens en is reeds deur meer as 50 miljoen mense besoek, gelyk aan sowat drie miljoen elke jaar.[2] Die gebou dien as moedertempel vir die Indiese subkontinent en is 'n bekende voorbeeld van moderne Indiese argitektuur.[3][4] Sedert 2014 is die Lotustempel op die Indiese kandidaatlys as Unesco-wêrelderfenisgebied.[5]

Dienste

[wysig | wysig bron]

Net soos al die Baha’i-tempels staan die Lotustempel oop vir alle gelowiges van al die godsdienste, aangesien Baha’i glo dat alle gelowiges God in hul tempels sal kan aanbid.[6] Onder andere word al die heilige geskrifte in die verskeie tale geresiteer, musiekinstrumente of godsdienstige seremonies word egter nie toegelaat nie. Volgens die Baha’i-skrifte mag daar nie beelde, standbeelde, altare of kansels in die tempels wees nie.[6]

Argitektuur

[wysig | wysig bron]

Die Baha’i-tempel beskik oor ooreenstemmende kenmerke wat onder andere in die Baha’i-skrifte beskryf word. Die ontwerp bestaan uit 'n negekantige sirkelvorm wat dui op openheid teenoor ander gelowe.[7][8] Hoewel al die Baha’i-tempels oor 'n koepel beskik, vorm dit nie 'n wesenlike deel van die argitektuur nie.[9]

Die ontwerp is deur 'n lotusblom geïnspireer en die uitleg word omring deur 27 vrystaande blomblare gemaak uit marmer wat in groepe van drie aan elk van die nege kante geplaas is. Die sentrale gebou het 'n hoogte van 40 m en beskik oor 'n kapasiteit van 2 500.[10] Die binneruimte en die fasade is gemaak van wit marmer van berg Pendeli in Griekeland wat ook vir baie ou standbeelde en ander Baha’i-tempels gebruik is.[11] Saam met die nege omliggende damme en tuine beslaan die terrein 'n oppervlakte van 26 akker, gelyk aan 105 000 m² of 10,5 ha.

In 1953 is die meeste van die geld vir die koop van die grond geskenk deur Ardishir Rustampur uit Hyderabad wat al sy spaargeld weggegee het.[12] 'n Deel van die boukoste is gespaar en gebruik vir die oprigting van 'n kweekhuis om geskikte inheemse plante en blomme vir die tuine te vind.[13]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Iconic "Lotus Temple" focus of worldwide campaign". Internasionale Baha’i-gemeenskap. Oktober 2011. Besoek op 16 Desember 2020.
  2. (en) "Lotus temple embodies "message for the world of today"". Internasionale Baha’i-gemeenskap. 14 November 2011. Besoek op 16 Desember 2020.
  3. (en) "Baha'i Temple in India continues to receive awards and recognitions". Internasionale Baha’i-gemeenskap. 5 Desember 2000. Besoek op 16 Desember 2020.
  4. (en) "Commemorations in Chicago highlight the immense impact of House of Worship". One Country. Besoek op 31 Oktober 2011.
  5. (en) "Bahá'í House of Worship at New Delhi". Unesco. Besoek op 6 Oktober 2021.
  6. 6,0 6,1 (en) V. Rafati, Fariborz Sahba (1989). Bahai temples. Encyclopædia Iranica.
  7. (en) ʻAbdu'l-Bahá (1982). The Promulgation of Universal Peace. Wilmette, Illinois, VSA: Bahá'í Publishing Trust. p. 71. ISBN 0-87743-172-8.
  8. (en) "Bahá'í Houses of Worship". Internasionale Baha’i-gemeenskap. Besoek op 16 Desember 2020.
  9. (en) Shoghi Effendi (1982). The Light of Divine Guidance. The messages from the Guardian of the Bahai Faith to the Bahais of Germany and Austria. Hofheim-Langenhain: Bahai-Verlag. p. 229. ISBN 3-87037-145-5.
  10. (en) "Architecture of the Bahá'í House of Worship". Baha’i van of Indië. 31 Oktober 2011. Besoek op 16 Desember 2020.
  11. (en) "Lotustempel". CADENAS. Besoek op 16 Desember 2020.
  12. (en) Gloria Faizi (1993). Stories about Bahá'í Funds. Nieu-Delhi, Indië: Bahá'í Publishing Trust. ISBN 8185091765.
  13. (en) "House of Worship inspires children and youth to plant for the future". Internasionale Baha’i-gemeenskap. 8 November 2016. Besoek op 16 Desember 2020.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

28°33′11.97″N 77°15′30.96″O / 28.5533250°N 77.2586000°O / 28.5533250; 77.2586000