Koesjitiese tale
Koesjitiese tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Horing van Afrika |
Genetiese klassifikasie: |
Afro-Asiaties Koesjitiese tale |
Onderafdelings: |
Beja (Noord)?
Sentraal-Koesjities (Agaw)
Dullay?
Hoogland-Oos-Koesjities (Sidamies)
Laagland-Oos-Koesjities
Suid-Koesjities?
|
Verspreiding van Koesjitiese tale |
Die Koesjitiese tale vorm 'n tak binne die Afro-Asiatiese tale wat hoofsaaklik aan die Horing van Afrika (Somalië, Eritrea, Djiboeti en Ethiopië) sowel as die Nylrivier se vallei (Soedan en Egipte) en dele van die Groot Mere van Afrika (Tanzanië en Kenia) gepraat word. Dié taalgroep is ná Koesj, 'n figuur uit die Bybel genoem wat as voorvader van die tale se sprekers beskou word.
Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Oromo (18 miljoen), Somalies (15 miljoen), Sidamo (3 miljoen), Afar (1,5 miljoen) en Beja (1,2 miljoen). Ethiopië is sedert 2020 die land met die meeste Koesjitiese ampstale, naamlik drie: Afar, Oromo en Somalies.[1] Daarbenewens dien Somalies saam met Arabies as amptelike tale van Somalië en saam met Afar as een van Djiboeti se erkende nasionale tale.
Greenberg (1963) | Newman (1980) | Fleming (na-1981) | Ehret (1995) |
---|---|---|---|
|
(uitgesluit Omoties) |
|
|
Orel & Stobowa (1995) | Diakonoff (1996) | Militaref (2000) | Ethnologue (2013) |
|
(sluit nie Omoties in nie) |
|
|
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "One to five: Ethiopia gets four new federal working languages". Africa News. 4 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.
Bronne
[wysig | wysig bron]- (en) Lamberti, Marcello. 1991. Cushitic and its classification. Anthropos 86(4/6):552-561.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Koesjitiese tale.
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Cushitic". Ethnologue. Besoek op 22 Augustus 2020.
- (en) "Cushitic languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 22 Augustus 2020.