Gaan na inhoud

Johann Gottlieb Fichte

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Johann Gottlieb Fichte
Gebore (1762-05-19)19 Mei 1762
Rammenau, Keurvorstedom Sakse, Heilige Romeinse Ryk
Oorlede 29 Januarie 1814 (op 51)
Berlyn, Koninkryk Pruise
Nasionaliteit Duits
Vakgebied Selfbewussyn en selfbewustheid, morele filosofie, politieke filosofie
Instelling(s) Universiteit van Jena
Universiteit van Erlangen
Universiteit van Berlyn
Alma mater Schulpforta
Universiteit van Jena (1780; geen graad nie)
Universiteit van Leipzig (1781–1784; geen graad nie)
Ander akademiese adviseur(s) Immanuel Kant
Ander bekende student(e) Immanuel Hermann Fichte (sy seun)
Bekend vir Das absolute Bewusstseyn,[1] Thesis, antithesis, synthesis,[2] Nicht-Ich, das Streben, gegenseitig anerkennen, Wissenschaftslehre, der Satz der Wechselbestimmbarkeit,[3] Real-Idealismus en Ideal-Realismus in Wissenschaftslehre,[4][5] pragmatische Geschichte des menschlichen Geistes,[6] Anstoss, Tathandlung, Aufforderung, intellektuele institusie,[7] die voorrang van die praktiese (Handeln),[8][9][10]
Urtrieb,
"Fichte se oorspronklike insig,"[11]
die krag van produktiewe verbeelding as 'n oorspronklike krag van die verstand[12]
Beïnvloed deur Immanuel Kant, Salomon Maimon,[13] Karl Leonhard Reinhold,[14] Gottlob Ernst Schulze,[12] Jean-Jacques Rousseau,[15] Baruch Spinoza,[16] Ernst Platner[17]
Invloed op Immanuel Hermann Fichte (sy seun), Georg Wilhelm Friedrich Hegel, Dieter Henrich, Johann Friedrich Herbart, Novalis, Friedrich Schelling, August Ludwig Hülsen, Jules Lequier, Karl August von Eschenmayer,[18] Wilhelm von Humboldt,[19] Friedrich Schleiermacher, Ludwig Tieck, Karl Wilhelm Ferdinand Solger

Johann Gottlieb Fichte (Rammenau by Bischofswerda, 19 Mei 1762Berlyn, 29 Januarie 1814) was 'n Duitse filosoof en 'n stigtersfiguur van die die Duitse idealisme, wat ontwikkel is van die teoretiese en etiese skryfwerk van Immanuel Kant. Onlangs het filosowe en akademici begin om Fichte as 'n belangrike filosoof in sy eie reg te beskou, weens sy oorspronklike insigte in selfbewussyn of selfbewustheid. Fichte het ook die tesis–anti-tesis–sintesis, konsepte die eerste keer geformuleer wat verkeerdelik aan Georg Wilhelm Friedrich Hegel toegeskryf word. Soos René Descartes en Kant voor hom, was Fichte gemotiveer deur die probleem van subjektiwiteit en bewussyn. Fichte skryf ook werke van politieke filosofie en het ‘n reputasie as een van die vaders van Duitse nasionalisme. Sy seun Immanuel was ook bekend as filosoof.

Filosofie

[wysig | wysig bron]

In sy werk Grundlagen des Naturrechts nach Prinzipien der Wissenschaftslehre (Grondslae van die natuurreg – 1797), argumenteer Fichte dat selfbewussyn 'n sosiale fenomeen is, 'n belangrike insig en moontlik die eerste stap in hierdie rigting deur die moderne filosofie. Die kern van Fichte se filosofie word gevorm deur sy opvatting oor die (menslike) gees, spesifiek “die Ek”. Volgens hom kan die totale werklikheid hieruit verklaar word. Fichte lê duidelik die klem op die gees; sy filosofie is 'n vorm van suiwer idealisme en hyself is daarmee een van die prominente verteenwoordigers van die sogenaamde Duitse idealisme.

Fichte sien die individuele menslike gees as 'n onderdeel van dit wat alles omvat, "Die Absolute"; hier in die vorm van die 'absolute Ek'. Die 'absolute Ek' is oor alle bewussyne verdeeld. Die diepste aard van alles wat bestaan is die goddelike, absolute Ek. Daaragter kan mens nie verder teruggaan nie, want die Ek "skep" of fundeer homself. Die Ek skep nie alleen homself/haarself nie, maar ook die natuur en die kosmos. Dié laatste noem Fichte die 'nie-Ek', wat egter nie selfstandig kan bestaan nie maar alleen in dialektiese teenstelling mét die Ek en in die ervaring as onderwerp deur die Ek. Anders as die Ek is daar dus geen absolute maar slegs 'n relatiewe werklikheid. Dit word deur Fichte nie as 'n hipotese gesien nie maar as 'n noodsaaklike waarheid.

Juis omdat ons, soos Kant stel, niks kan ken as deur ons ervarings nie, sou kennis van 'n bestaan volledig los van die Ek betekenisloos wees, aangesien dit slegs weer deur die Ek geken moes word en daarmee innerlik teenstrydig bly. Volgens Fichte het die begrip "Syn" dus eenvoudig die betekenis van "die daar syn van die Ek". Die karakter van die Ek is aktief en kreatief. Via die menslike gees bewerk die Ek die natuur. Daar is niks wat buite die reikwydte van die Ek staan nie. Deur sy redenering op hierdie manier op te bou, oorskry Fichte die grense wat Kant aan die Rede gestel het. Fichte ontwerp so naamlik 'n sintetiese metafisiese stelsel, waarby die beperkinge wat Kant veronderstel het by die ken deur die menslike bewustheid van die Ding an sich, irrelevant word deur die oordeel dat daar geen outonome werklikheid, los van die bewussyn, kán bestaan nie.

In 1798 ontstaan daar 'n stryd oor Fichte, die sogenoemde ateïsmestryd. Fichte skryf in 'n tydskrif: "As die Ek goddelik is, dan gaan dit nie van die veronderstelling uit dat daar naas en los van die Ek nog 'n aparte wese 'God' bestaan nie!" Dit was die eerste keer in die geskiedenis dat iemand op so 'n ondubbelsinnige manier die bestaan van God in die openbaar ontken. Hy ontketen dan ook 'n storm van protes hieroor. Dit lei daartoe dat Fichte ontslag moes neem en sy woonplek verlaat.

Uitsprake

[wysig | wysig bron]
  • "Die mens is nog eerder geneig om van homself/haarself te dink as 'n stuk klip op die maan, eerder as 'n Ek."
  • "Vry is alleen diegene, wie alles om hulself heen vry wil maak."

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Fichte in Berlin to Schelling in Jena, 31 Mei–August 7[8?], 1801," in: Michael Vater and David W. Wood (eds. and trs.), The Philosophical Rupture between Fichte and Schelling: Selected Texts and Correspondence (1800–1802), SUNY Press, 2012, bl. 56.
  2. (en) "Review of Aenesidemus" ("Rezension des Aenesidemus", Allgemeine Literatur-Zeitung, 11–12 Februarie 1794). Trans. Daniel Breazeale. In Breazeale, Daniel; Fichte, Johann (1993). Fichte: Early Philosophical Writings. Cornell University Press. p. 63. (sien ook: FTP, bl. 46; Breazeale 1980–81, bl. 545–68; Breazeale and Rockmore 1994, bl. 19; Breazeale 2013, bl. 36–37; Waibel, Breazeale, Rockmore 2010, bl. 157)
  3. (en) The Principle of Reciprocal Determination is the principle that, according to Fichte (Wissenschaftslehre nova methodo, "Halle Nachschrift," 1796/1797), explicitly guides all philosophical reflection; it is derived from the reciprocally determinable relationship between the finite I and its other. In a similar way, Fichte had derived in his Foundations of the Science of Knowledge (publ. 1794/1795, paras. 1–2) the logical laws of identity and non-contradiction from the original positing and counter-positing of the I. (sien Breazeale 2013, bl. 54–5.)
  4. (de) Grundlage der gesamten Wissenschaftslehre, 1794/1795, bl. 274.
  5. (en) Breazeale 2013, bl. 305–308 n. 24.
  6. (de) Gesamtausgabe I/2: 364–65; Daniel Breazeale, "Fichte's Conception of Philosophy as a "Pragmatic History of the Human Mind" and the Contributions of Kant, Platner, and Maimon," Journal of the History of Ideas, 62(4), Oktober 2001, bl. 685–703; Zöller 1998, bl. 130 n. 30; Sedgwick 2007, bl. 144 n. 33; Breazeale and Rockmore 2010, bl. 50 n. 27; Posesorski 2012, bl. 81; Breazeale 2013, bl. 72.
  7. (de) Gesamtausgabe II/3: 24–25; Breazeale 2013, bl. 198.
  8. (de) Fichte, J. G., "Zweite Einleitung in die Wissenschaftslehre"; 1797); Rocío Zambrana, Hegel's Theory of Intelligibility, University of Chicago Press, 2015, bl. 151 n. 15.
  9. (en) FTP, bl. 365; Waibel, Breazeale, Rockmore 2010, bl. 157; Breazeale 2013, bl. 354 en 404–439.
  10. Cf. KpV A219.
  11. (en) Dieter Henrich, "Fichte's Original Insight", Contemporary German Philosophy 1 (1982[1966]), ed. by Darrel E. Christensen et al., bl. 15–52 (vertaling van Henrich, Dieter (1966), "Fichtes ursprüngliche Einsicht", in: Subjektivität und Metaphysik. Festschrift für Wolfgang Cramer edited by D. Henrich und H. Wagner, Frankfurt/M., bl. 188–232).
  12. 12,0 12,1 (en) Breazeale, Dan, "Johann Gottlieb Fichte", The Stanford Encyclopedia of Philosophy (Spring 2012 Edition), Edward N. Zalta (ed.), URL: <http://plato.stanford.edu/archives/spr2012/entries/johann-fichte/>.
  13. (de) Gesamtausgabe III/2: 275
  14. (en) Breazeale 2013, bl. 23.
  15. (en) Breazeale 2013, bl. 2.
  16. (en) Breazeale 2013, bl. 308.
  17. (en) Breazeale 2013, bl. 94.
  18. (de) Maier, bl. (2009). "Der Einfluss der Fichteschen Philosophie in der Medizin bei Adolph Karl August Eschenmayer Geargiveer 23 Desember 2012 op Wayback Machine. Eberhard-Karls-Universität Tübingen: Medizinische Fakultät.
  19. (en) Breazeale and Rockmore 2010: David Kenosian, "Fichtean Elements in Wilhelm von Humboldt's Philosophy of Language", bl. 357.
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse en Engelse Wikipedia

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]