Johann Baptist Cysat
Voorkoms
Johann Baptist Cysat | |
Geboortenaam | Jean-Baptiste Cysat |
---|---|
Gebore | ca. 1587 Luzern, Switserland |
Oorlede | 17 Maart 1657 Luzern, Switserland |
Nasionaliteit | Switserland |
Vakgebied | Sterrekunde, Wiskunde |
Instelling(s) | Universiteit van Ingolstadt |
Bekend vir | Orion-newel, Werk oor komete |
Johann Baptist Cysat (Frans: Jean-Baptiste Cysat) (omstreeks 1587 – 17 Maart 1657), ook bekend as Cysatus, was ’n Switserse Jesuïete-wiskundige en sterrekundige na wie die maankrater Cysatus genoem is. Hy was een van die eerste mense wat die teleskoop gebruik het.
Cysat se belangrikste werk was oor komete. Hy het die komeet van 1618 waargeneem en die volgende jaar ’n monografie daaroor geskryf. Sy waarnemings oor komete was so akkuraat dat hy in 1804 nog as een van die beste kenners daaroor beskou is.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia