Iwan II van Moskou
Iwan II | |
---|---|
Prins van Moskou Grootprins van Wladimir | |
Periode | 1353–1359 |
Voorganger | Semjon I van Moskou |
Opvolger | Dmitri Donskoi |
Huis | Rjoerik |
Vader | Iwan I van Moskou |
Gebore | 30 Maart 1326 |
Oorlede | 13 November 1359 |
Iwan II of Iwan die Mooie (Russies: Иван II Иванович Красный; 30 Maart 1326 – 13 November 1359) was die tweede seun van Iwan Katila. Hy het sy broer Semjon die Trotse in 1353 opgevolg as prins van Moskou en grootprins van Wladimir nadat dié aan die Swart Dood gesterf het.
Bewind
[wysig | wysig bron]Nadat hy sy broer opgevolg het, het Iwan dit vir ’n kort rukkie oorweeg om sy rug te keer op die Goue Horde en sy steun aan Litaue, ’n groeiende mag in die Weste, toe te sê vanweë toenemende onmin in die Horde. Hy het die idee egter gou laat vaar en die Horde gesteun.[1]
Tydgenote het Iwan beskryf as ’n apatiese, pasifistiese heerser wat nie eens ’n oog geknip het toe Algirdas van Litaue sy skoonpa se hoofstad, Briansk, verower het nie.[2] Hy was ook nie so suksesvol soos sy pa of oupa om sy gebied uit te brei nie. Hy het egter gebiede suidwes van Moskou geannekseer, onder meer Borofsk en Wereja.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Janet Martin (1995). Medieval Russia, 980-1584. Cambridge University Press. ISBN 0-521-36832-4.
- ↑ Alfred Rambaud, Edgar Saltus (1902). Russia. P. F. Collier & Son. pp. 146, 147. [1]
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Ivan II of Russia. |
- Iwan II in "Medieval lands" deur Charles Cawley.
- Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia