Hope4SA
Die korrekte titel van hierdie artikel is #Hope4SA. Die weglating van die # is as gevolg van tegniese beperkings.
#Hope4SA is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat in Januarie 2024 deur die Pastoor John Mathuhle in Bloemfontein gestig is. Die party het met sy stigting aangedui dat dit die 2024-verkiesing sal betwis rondom 'n visie van “positiewe verandering en eenheid”. [1] Volgens die party lê die kern van sy etos 'n toewyding aan Bybelse waardes en onwrikbare integriteit.[2] Die party is 'n Christelike politieke party, en is anti-aborsie, teen selfdegeslag huwelike, ten gunste van Christelike godsdiensonderrig in staatskole, en is pro-Israel.[3][4][5][6]
Die party is 'n uitvloeisel van Time2Rise, wat homself as 'n beweging beskryf, buite die terrein van partypolitiek. Voormalige hoofregter van Suid-Afrika Mogoeng Mogoeng het tydens 'n Time2Rise-geleentheid in 2023 gepraat en gesê dat hy eendag Suid-Afrika se president sal word, sonder om dit deur 'n verkiesingsproses te betwis.[7]
Verkiesingsuitslae
[wysig | wysig bron]Parlement
[wysig | wysig bron]Verkiesing | Stemme | % | Setels |
---|---|---|---|
2024 | 27 206 | 0,17 | 0 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Gateway News. 16 Januarie 2024. New party, #Hope4SA, announces plans to contest elections. https://gatewaynews.co.za/new-party-hope4sa-announces-plans-to-contest-elections/ Besoek op 28 Maart 2024.
- ↑ #HOPE4SA , Welcome to #HOPE4SA https://hope4sa.org.za/page1.html#article04-6 / besoek op 29 Maart 2024.
- ↑ "Home". www.hope4sa.org.za. Besoek op 30 Mei 2024.
- ↑ "'Stop Killing Babies', Says #Hope4SA On Abortion Law Anniversary". gatewaynews.co.za (in Engels). 1 Februarie 2024. Besoek op 30 Mei 2024.
- ↑ "Facebook". www.facebook.com. Besoek op 30 Mei 2024.
- ↑ "'Reintroduce the Word of God in schools to counter demons', says Hope4Sa". IOL. Besoek op 30 Mei 2024.
- ↑ Bailie, Craig (21 Februarie 2024). "The elections are our chance to redeem politics by voting for the collective good". Daily Maverick (in Engels). Besoek op 30 Mei 2024.