Helen Mirren
Helen Mirren | |
Mirren op 7 Desember 2014 by die Moët British Independent Film Awards.
| |
Geboortenaam | Helen Lydia Mironoff |
---|---|
Geboorte | 26 Julie 1945 Londen, Engeland |
Nasionaliteit | Brits |
Beroep(e) | Aktrise |
Aktiewe jare | 1965–tans |
Webwerf | http://www.helenmirrenofficial.com |
Toekennings | Orde van die Britse Ryk |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Dame Helen Lydia Mirren DBE (geb. Mironoff op 26 Julie 1945) is ’n Britse aktrise. Sy het haar loopbaan in 1967 by die Royal Shakespeare Company begin en is een van die min akteurs wat drie van die volgende vier pryse gewen het: die Oscar, Emmy, Grammy en Tony. Sy het die Oscar vir beste aktrise in 2007 ontvang vir haar rol as koningin Elizabeth II in The Queen. In 2015 het sy die Tony gewen vir beste aktrise in ’n toneelstuk[1] vir haar rol, ook as Elizabeth II, in The Audience.[2] In 1993 het sy die eerste van verskeie Emmys gewen vir haar rol as speurder Jane Tennison in die ITV-reeks Prime Suspect.
Van haar ander noemenswaardige rolle was in die 1984-rolprent Cal, waarvoor sy ’n Cannes-prys gewen het, The Cook, the Thief, His Wife & Her Lover (1989), The Madness of King George (1994), Teaching Mrs. Tingle (1999), Gosford Park (2001), Calendar Girls (2003), The Last Station (2009), Hitchcock (2012) en The Hundred-Foot Journey (2014). Sy het ook die rol van Victoria Winslow vertolk in die aksiekomedies Red en Red 2.
In 2003 het sy ’n Damekommandeur van die Britse Ryk (DBE) geword vir haar werk in die uitvoerende kunste.[3] In 2013 het sy ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry[4] en in 2014 het Bafta aangekondig dat sy die ontvanger van die Academy Fellowship is.[5]
Vroeë lewe en familie
[wysig | wysig bron]Sy is in Hammersmith, Londen, gebore as Helen Lydia Mironoff,[6][7] dogter van Vasily Petrovich Mironoff en Kathleen "Kitty" Rogers. Haar ma was Engels en haar pa Russies. Hy was oorspronklik van Koerjanowo in Smolensk-oblast, Rusland.[8] Haar oupa aan vaderskant, kolonel Pjotr Wasilijewitsj Mironof, was in die keiserlike Russiese leër en het in die Russies-Japannese Oorlog van 1904 geveg. Hy het later ’n diplomaat geword en was besig met wapenonderhandelings in Brittanje toe die Russiese Rewolusie in 1917 uitbreek en hy en sy gesin in Brittanje gestrand sit.[9] Die voormalige diplomaat het ’n taxibestuurder in Londen geword om sy gesin te onderhou en het hom eindelik in Engeland gevestig. Hy het sy van Mironoff gespel.
Sy seun, Helen se pa, het hul van in die 1950's tot Mirren verengels en sy naam na Basil Mirren verander. Hy het die viola in die Londense Filharmoniese Orkes bespeel voor die Tweede Wêreldoorlog en later ’n taxi bestuur voordat hy ’n staatsdienswerker geword het. Mirren se ma was van die Ooseinde, die 13de van 14 kinders van ’n slagter wie se eie pa koningin Victoria se slagter was. Mirren beskou haar opvoeding as "baie antimonargisties".[10]
Mirren was die tweede van drie kinders. Sy het in Leigh-on-Sea, Essex, grootgeword.[11]
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Vroeë werk
[wysig | wysig bron]Nadat Mirren haar skoolloopbaan en studie aan ’n onderwyserskollege in Londen voltooi het, is sy in die National Youth Theatre (NYT) aanvaar. Danksy haar werk hier is sy genooi om by die Royal Shakespeare Company aan te sluit. In 1970 het die regisseur/vervaardiger John Goldschmidt ’n dokumentêre rolprent, Doing Her Own Thing, gemaak oor Mirren tydens haar tyd by die Royal Shakespeare Company; dit is in Brittanje op televisie gewys.
Teater
[wysig | wysig bron]Van November 1975 af het Mirren in verskeie produksies in die Weseinde gespeel. Ná ’n redelik onsuksesvolle poging tot ’n loopbaan in Amerika het sy na Brittanje teruggekeer en weer in verskeie Britse produksies opgetree. Op 15 Februarie 2013 het sy in die Gielgud-teater die rol begin vertolk van koningin Elizabeth II in die wêreldpremière van Peter Morgan se The Audience.[12] In April is sy by die Olivierprys-toekenningsaand aangewys as beste aktrise vir dié rol.[13]
Nog ’n verhoogdeurbraak het in 1994 in die Weseinde gevolg, as Natalja Petrowna in Iwan Toergjenef se A Month in the Country. Haar mede-akteurs was John Hurt en Joseph Fiennes. Sy is twee keer benoem vir ’n Tony vir die rol. Op 7 Junie 2015 het sy die Tony gewen vir haar vertolking van koningin Elizabeth II in The Audience.
Rolprente
[wysig | wysig bron]Mirren het in haar loopbaan in talle rolprente gespeel. Van haar vroeëre optredes sluit in rolle in A Midsummer Night's Dream (1968), Age of Consent, O Lucky Man!, Caligula, Excalibur, 2010, The Long Good Friday, White Nights, The Mosquito Coast en The Madness of King George.
Meer onlangs het sy gespeel in Gosford Park saam met Maggie Smith en in Calendar Girls saam met Julie Walters, asook in The Clearing, Pride, Raising Helen en Shadowboxer. Sy het ook die stem verskaf vir verskeie rolprentrolle. Tydens haar loopbaan het sy drie Engelse koninginne in verskillende rolprente en TV-reekse vertolk: Elizabeth I in die TV-reeks Elizabeth I (2005), Elizabeth II in The Queen (2006) en Charlotte van Mecklenburg-Strelitz, vrou van George III, in The Madness of King George (1994). Sy is die enigste aktrise wat albei koninginne Elizabeth op die silwerdoek uitgebeeld het.
Mirren het verskeie pryse gewen vir haar naamrol in The Queen, onder meer ’n Bafta, Golden Globe en Oscar. Sy het Alfred Hitchcock se vrou gespeel in die 2012-prent Hitchcock, oor die maak van die 1960-prent Psycho.[14]
In 2014 het sy saam met die Indiese akteur Om Puri verskyn in die komediedrama The Hundred-Foot Journey en in 2015 saam met Ryan Reynolds in Woman in Gold.[15] Laasgenoemde prent het gemengde reaksie uitgelok, hoewel Mirren en Reynold se spel geloof is.[16] Sy was ook Hedda Hopper, die bekende aktrise en skinderrubriekskrywer, in die 2015-biografiedrama Trumbo.
Televisie
[wysig | wysig bron]Mirren is bekend vir haar rol as speurder Jane Tennison in die gewilde Prime Suspect, ’n televisiedramareeks wat verskeie pryse gewen het. Vir haar vertolking van Tennison het sy tussen 1992 en 1994 drie agtereenvolgende Bafta-pryse ontvang.[17] Sy het ook talle ander TV-rolle vertolk, onder meer in Cousin Bette (1971); As You Like It (1979); The Twilight Zone (1985); The Passion of Ayn Rand (1999), waarvoor sy ’n Emmy en Golden Globe gewen het; en The Collection, saam met Laurence Olivier, Alan Bates en Malcolm McDowell. Sy was Elizabeth I in Elizabeth I (2005), waarvoor sy ’n Emmy gewen het. Haar ander vertolking waarvoor sy ’n Emmy gekry het, was in Prime Suspect: The Final Act (2006).
Persoonlike lewe
[wysig | wysig bron]Mirren het in die vroeë 1980's saam met die akteur Liam Neeson gewoon. Sy is op 31 Desember 1997, op sy 53ste verjaardag, getroud met haar lewensmaat sedert 1986, die regisseur Taylor Hackford.[18] Hulle het op die stel van die rolprent White Nights ontmoet. Dit is haar eerste huwelik en sy derde.
Mirren se outobiografie, In the Frame: My Life in Words and Pictures, is in September 2007 in Brittanje gepubliseer.[19]
Filmografie
[wysig | wysig bron]Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1966 | Press for Time | Penelope Squires | Geen erkenning |
1967 | Herostratus | ||
1968 | A Midsummer Night's Dream | Hermia | |
1969 | Age of Consent | Cora Ryan | |
1970 | Red Hot Shot | ||
1972 | Savage Messiah | Gosh Boyle | |
Miss Julie | Miss Julie | ||
1973 | O Lucky Man! | Patricia | |
1975 | Caesar and Claretta | Claretta Petacci | |
1976 | Hamlet | Ophelia/Gertrude | |
1978 | As You Like It | Rosalind | BBC Television Shakespeare |
1979 | The Quiz Kid | Joanne | ’n Deel van ITV Playhouse |
S.O.S. Titanic | Mary Sloan | TV-fliek | |
Caligula | Caesonia | ||
1980 | Hussy | Beaty | |
The Fiendish Plot of Dr. Fu Manchu | Alice Rage | ||
The Long Good Friday | Victoria | ||
1981 | Excalibur | Morgana | |
1984 | Cal | Marcella | |
2010 | Tanya Kirbuk | ||
Faerie Tale Theatre: "The Little Mermaid" | Prinses Amelia | TV-reeks, episode 1 | |
1985 | Heavenly Pursuits | Ruth Chancellor | |
Coming Through | Frieda von Richthofen Weekley | ||
White Nights | Galina Ivanova | ||
1986 | The Mosquito Coast | Mother Fox | |
1988 | Pascali's Island | Lydia Neuman | |
1989 | When the Whales Came | Clemmie Jenkins | |
The Cook, the Thief, His Wife & Her Lover | Georgina Spica | ||
Red King, White Knight | Anna | TV-fliek | |
1990 | Bethune: The Making of a Hero | Frances Penny Bethune | |
The Comfort of Strangers | Caroline | ||
1991 | Prime Suspect | Jane Tennison | TV-reeks |
Where Angels Fear to Tread | Lilia Herriton | ||
1993 | The Hawk | Annie Marsh | |
Royal Deceit | Geruth | ||
1994 | The Madness of King George | Koningin Charlotte | |
1995 | The Snow Queen | Snow Queen | (stem) |
1996 | Some Mother's Son | Kathleen Quigley | Ook medevervaardiger |
Losing Chase | Chase Phillips | TV | |
1997 | Critical Care | Stella | |
1998 | Sidoglio Smithee | Haarself | |
Tracey Takes On... | Professor Horen | TV-reeks: episode 1 | |
The Prince of Egypt | Die koningin | (stem) | |
1999 | The Passion of Ayn Rand | Ayn Rand | |
Teaching Mrs. Tingle | Eve Tingle | ||
2000 | Greenfingers | Georgina Woodhouse | |
2001 | The Pledge | Dokter | |
No Such Thing | The Boss | ||
Happy Birthday | Ook regisseur | ||
Last Orders | Amy | ||
Gosford Park | Mev. Wilson | ||
2002 | Door to Door | Mev. Porter | TV |
Georgetown | Annabelle Garrison | TV | |
2003 | The Roman Spring of Mrs. Stone | Karen Stone | TV |
Calendar Girls | Chris Harper | ||
2004 | The Clearing | Eileen Hayes | |
Raising Helen | Dominique | ||
2005 | The Hitchhiker's Guide to the Galaxy | Deep Thought | (stem) |
Elizabeth I | Koningin Elizabeth I | ||
Shadowboxer | Rose | ||
2006 | The Queen | Koningin Elizabeth II | |
2007 | National Treasure: Book of Secrets | Emily Appleton | |
2008 | ' | Elinor Loredan | |
2009 | State of Play | Cameron Lynne | |
The Last Station | Sofia Tolstaja | ||
2010 | Love Ranch | Grace Bontempo | |
The Tempest | Prospera | ||
Brighton Rock | Ida | ||
Red | Victoria Winslow | ||
Legend of the Guardians: The Owls of Ga'Hoole | Nyra | (stem) | |
Saturday Night Live | Haarself | TV (kameerol) | |
2011 | Arthur | Lillian Hobson | |
Saturday Night Live | Haarself (aanbieder) | TV | |
The Debt | Rachel Singer | ||
2012 | The Door | Emerenc | |
Glee | Stem van Becky Jackson | TV (geen erkenning) | |
Hitchcock | Alma Reville | ||
2013 | Phil Spector | Linda Kenney Baden | TV-fliek |
Monsters University | Dean Hardscrabble | Stemrol | |
Red 2 | Victoria Winslow | ||
2014 | The Hundred-Foot Journey | Madame Mallory | |
2015 | Woman in Gold | Maria Altmann | |
Unity | Verteller | Dokumentêr | |
Eye in the Sky | Kol. Katherine Powell | ||
Trumbo | Hedda Hopper |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ http://www.dailymail.co.uk/tvshowbiz/article-3109769/All-hail-Queen-Helen-Mirren-picks-second-major-gong-playing-Elizabeth-II-Tony-Award-Broadway-s-biggest-night.html
- ↑ Helen Mirren crowned top actress at top UK theatre awards Geargiveer 24 September 2015 op Wayback Machine. Reuters. 28 April 2013
- ↑ "Dame Helen centre stage at palace" (in Engels). BBC. 5 Desember 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2017.
- ↑ "Helen Mirren Gets Hollywood Walk Of Fame Star" Geargiveer 16 Januarie 2013 op Wayback Machine. Sky News. 4 Januarie 2013.
- ↑ "Dame Helen Mirren – BAFTA Fellow in 2014". BAFTA (in Engels). 26 Januarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2014. Besoek op 26 Januarie 2014.
- ↑ Lahr, John (2 Oktober 2006). "Command Performance" (in Engels). The New Yorker. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Desember 2013. Besoek op 24 Oktober 2010.
- ↑ Births, Marriages & Deaths Index of England & Wales, 1916–2005.; at ancestry.com
- ↑ Helen Mirren reveals the joy of meeting her Russian relatives. Dailymail.co.uk (17 September 2013). URL besoek op 30 Desember 2013
- ↑ Pyotr Vasilievich Mironov Collection: The Russian Government Committee in London (1914–1939). Ssees.ucl.ac.uk. URL besoek op 30 Desember 2013
- ↑ Finn, Natalie (26 Februarie 2007) "Helen Mirren, British Royal Tea?". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Oktober 2007. Besoek op 12 Januarie 2016.
{{cite web}}
: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link). E! Online. URL besoek op 30 Desember 2013 - ↑ Piccalo, Gina (7 Februarie 2011) "Helen Mirren interview". The Telegraph. URL besoek op 6 November 2012
- ↑ The Audience Geargiveer 16 Januarie 2013 op Wayback Machine. Hitthetheatre.co.uk. URL besoek op 30 Desember 2013.
- ↑ "Helen Mirren crowned queen of the stage". 3 News NZ. 30 April 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2013. Besoek op 12 Januarie 2016.
- ↑ http://metro.co.uk/2013/06/09/monsters-university-star-helen-mirren-declares-herself-hopeless-at-voice-acting-3834278/
- ↑ Valentine, Colin. "Gustav Klimt Painted Much More Than 'The Woman In Gold'". Huffpost Arts & Culture. Besoek op 7 Augustus 2015.
- ↑ "Woman in Gold". Rotten Tomatoes (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2020. Besoek op 7 Augustus 2015.
- ↑ "Dame Helen Mirren: 10 things you need to know about the Oscar nominated actress". The Mirror. URL besoek op 7 November 2012
- ↑ Helen Mirren and Taylor Hackford Marriage Profile. Marriage.about.com. URL besoek op 30 Desember 2013
- ↑ Book review: The Stage newspaper, 1 November 2007
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- Command Performance, ’n profiel van Helen Mirren deur John Lahr in The New Yorker, 2 Oktober 2006
- In the Frame: My Life in Words and Pictures (outobiografie) deur Helen Mirren, Weidenfeld and Nicholson, 2007 ISBN 978-0-297-85197-4.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Helen Mirren in die Internet-rolprentdatabasis
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Helen Mirren.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia