Goudvis
Goudvis | |
---|---|
Gedomestikeerd
| |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Actinopterygii |
Orde: | Cypriniformes |
Familie: | Cyprinidae |
Genus: | Carassius |
Spesie: | C. auratus
|
Binomiale naam | |
Carassius auratus (Linnaeus, 1758)
|
Die goudvis (Carassius auratus) is een van die eerste visse wat deur die mens mak gemaak is, en bly steeds een van die gewildste akwariumvisse. Goudvisse is deel van die karpfamilie (wat ook die koikarp en die krapkarp insluit).
Goudvisse kan tot 59 cm lank word en tot 4,5 kg weeg, al word die meeste goudvisse nie so lank of so swaar nie. In ideale toestande kan 'n goudvis ongeveer 20 jaar oorleef (die wêreldrekord is 49 jaar).
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Gedurende die Tang-dinastie in China was dit die mode om karpvisse in skoudamme aan te hou en gevolglik het 'n mutasie ontstaan wat die visse 'n goue kleur gegee het. Mense het toe begin om met die visse te teel en hulle in terracottapotte te plaas. In 1502 is goudvisse in Japan bekendgestel, waar nog subspesies geteel is. Goudvisse is in 1874 in die VSA bekendgestel en van toe af het hulle gewildheid toegeneem.
Variasies
[wysig | wysig bron]Deur inteling oor die eeue het verskeie variasies ontstaan. Sekere goudvisspesies kan net in akwariums leef (soos die teleskoopoog), maar ander goudvisse (soos die komeet) is baie sterk en swem vinnig (soortgelyk aan die koikarp).
Verspreiding in Suid-Afrika
[wysig | wysig bron]Die vis kom wild voor in die Kaapse Vlakte-area, Breederivier naby Robertson, die Baakensrivier in Gqeberha en Grahamstad, Apiesrivier in Pretoria, Umsinduzirivier in Pietermaritzburg en die Chinhoyi-grotte in Zimbabwe.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die vis verkies stil plekke wat plantegroei bevat, en oorleef goed in visdammetjies in tuine. Hulle is omnivore en vreet organiese afsaksels, detritus en ongewerweldes. Die wyfie lê eiers in die plantegroei wat onderwater is.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- A Complete Guide to the Freshwater Fishes of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
Eksterne skakel
[wysig | wysig bron]- http://www.fishbase.se/summary/Carassius-auratus.html
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir goudvis.