Gaan na inhoud

Gegenschein

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die gegenschein verskyn op dié foto as 'n helder kol van links bo na regs onder bo die Baie Groot Teleskoop.

Gegenschein (uit Duits; letterlik "teengloed" of "opposisielig")[1] is 'n dowwe verligte kol in die naglug wat reg teenoor die son aan die ander kant van die aarde geleë is. Die trustrooiing van sonlig deur interplanetêre stof veroorsaak dié optiese verskynsel.

Verduideliking

[wysig | wysig bron]

Nes sodiaklig, is gegenschein sonlig wat deur interplanetêre stof teruggestrooi word. Die meeste van dié stof wentel naby die sonnebaan om die son, met 'n moontlike konsentrasie van deeltjies by die L2-punt van die aarde-son-stelsel.[2]

Gegenschein word van sodiaklig onderskei deur sy groot invalshoek van sonlig op die stofdeeltjies. Dit vorm 'n effens helderder elliptiese kol direk regoor die son binne die dowwer band van sodiaklig. Die intensiteit van die gegenschein word relatief verhoog omdat elke stofdeeltjie teen volle fase gesien word.[3]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Gegenschein" in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 5 Augustus 2022.
  2. Kopal, Zdeněk (14 Junie 1962). "Communications on the Moon". New Scientist (291): 573.
  3. Levasseur-Regourd, Anny-Chantal; Hiroichi Hasegawa (1991). Origin and Evolution of Interplanetary Dust. International Astronomical Union Colloquium. p. 159. ISBN 0-7923-1365-8.

Skakels

[wysig | wysig bron]