Bernd Glemser
Bernd Glemser | |
---|---|
Gebore | 30 Mei 1962 Dürbheim, Baden-Württemberg |
Instrumente | Pianis |
Bernd Franz Glemser (gebore 30 Mei 1962 in Dürbheim, Baden-Württemberg) is 'n Duitse pianis en pedagoog.
Artistieke ontwikkeling
[wysig | wysig bron]Glemser het sy eerste klavierlesse op 7-jarige ouderdom ontvang. As student van die Russiese pianis en musiekonderwyser Vitaly Margulis is sy talente reeds opmerklik as student. Hy wen vanaf 1981 pryse tydens 17 internasionale musiekkompetisies. Dit sluit die Cortot-, Rubinstein-, Internasionale Ferruccio Busoni- (1984: 3de prys) en die ARD Musiekkompetisie in (1987: 2de prys). Hy was in 1989 nog 'n geregistreerde student aan die Hochschule für Musik Freiburg toe hy aangestel is as klavierprofessor aan die Hochschule für Musik Saar te Saarbrücken, wat hom destyds die jongste klavierprofessor in Duitsland gemaak het. [1] Bernd Glemser is sedert 1996 professor in klavier aan die Universiteit vir Musiek in Würzburg. In dieselfde jaar was hy die eerste kunstenaar uit die Weste wat 'n lewendige uitvoering op Chinese televisie gelewer het, met 'n uitvoering van die eerste klavierkonsert deur Tsjaikofski.
Repertorium
[wysig | wysig bron]Glemser se konsertrepertorium wissel van barokmusiek tot kontemporêre klavierwerke. Hy spesialiseer veral in die virtuose werke van Liszt, Skriabin, Ferruccio Busoni en Rachmaninoff. Hy het sedertdien verskeie CD's vrygestel, byvoorbeeld die volledige uitgawe van die sonates deur Schumann en Prokofiëf. Hy het konsertuitnodigings vanoor Europa, die VSA, Kanada, Suid-Amerika, Japan, China, Australië en Nieu-Seeland ontvang, en word wêreldwyd hoog aangeslaan. Glemser het reeds saam met gerekende dirigente soos Herbert Blomstedt, Riccardo Chailly, Welser-Möst, Myung-whun Chung, Dmitri Kitajenko, Osmo Vänskä en Wolfgang Sawallisch opgetree. Benewens sy vele toekennings, ontvang Bernd Glemser die Europese Andor Földes-toekenning in 1992 en die Europese Pianiste-toekenning in Zürich in 1993. In 2003 ontvang hy 'n toekenning vanaf die destydse Federale President Johannes Rau. Hy het ook die Würzburg Stadskultuur-prys in 2006 ontvang. Hy het reeds verskeie opnames vir Naxos gemaak.
Jaar | Kompetisie | Prys | 1ste pryswenner / Ex-aequo met... |
---|---|---|---|
1983 | María Canals, Barcelona | 2de prys | 1ste prys-geen toekenning / Kyoko Koyama. |
1984 | Ferruccio Busoni Internasionale Klavierkompetisie, Bolzano | 3de prys | Louis Lortie. |
1984 | Premio Mario Zanfi, Parma | 1ste prys | |
1985 | Sydney Internasionale Klavierkompetisie | 2de prys | Du Ning-Wu |
1986 | Rina Sala Gallo, Monza | 1ste prys | |
1987 | ARD, München | 2de prys | 1ste prys-geen toekenning / Ricardo Castro. |
1987 | Paloma O'Shea Santander Internasionale Klavierkompetisie, Santander | 3de prys | |
1988 | Concours de Montreal | 2de prys | Angela Chang |
1992 | Andor Földes-prys | 1ste prys | |
1993 | Europese Pianiste-prys | 1ste prys |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Jakob Buhre (30 April 2006). "Bis heute hat er keine Tonleiter gespielt". Die Welt. Besoek op 3 Oktober 2015.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Biografie en onderhoude met Musicmasters Geargiveer 28 Februarie 2019 op Wayback Machine
- Biografie auf Klassik Heute
- Artikel in die Allgemeinen Zeitung van 15 Desember 2008[dooie skakel]
- Felix Mendelssohn Bartholdy: Etüde F-Dur op.104/2 op YouTube, versprei deur die Filharmoniese Orkes van Belgrado.