Gaan na inhoud

Antoine Lavoisier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Antoine-Laurent de Lavoisier
Gebore 26 Augustus 1743
Parys, Frankryk
Oorlede 8 Mei 1794 (op 50)
Parys, Frankryk
Nasionaliteit Vlag van Frankryk Frankryk
Vakgebied Biologie, Chemie
Alma mater Universiteit van Parys
Bekend vir verbranding
identifikasie van Suurstof
identifikasie van Waterstof
stoïgiometrie
Invloed op Guillaume-François Rouelle
Étienne Condillac
Handtekening

Antoine Laurent Lavoisier (Parys, 26 Augustus 17438 Mei 1794) was 'n Franse chemikus. Hy was die eerste persoon wat die massabehoudswet van materie geformuleer het. Hy het die element suurstof ontdek en die flogistonteorie weerlê. Lavoisier word dikwels beskou as die vader van die moderne skeikunde: die persoon wat van skeikunde 'n regte wetenskap gemaak het. Voorheen is chemie en alchemie nie duidelik geskei nie.

Biografie

[wysig | wysig bron]
Marie Lavoisier en sy vrou; portret deur Jacques-Louis David, 1788

Lavoisier is in Parys gebore as die seun van Jean Antoine Lavoisier en Émilie Punctis, en het daar grootgeword. Hy het van 1754 tot 1761 skei-, plant-, sterre- en wiskunde aan die Mazarin-universiteit in Parys studeer. Sy eerste publikasie oor chemie het in 1746 verskyn. In 1767 het hy in Elsas en Lotaringe 'n geologiese ondersoek uitgevoer. In 1768 is hy verkies tot lid van die Franse Wetenskapakademie.

In 1771 is hy met Marie-Anne Pierrette Paulze, wat net 13 jaar oud was, getroud. Sy het hom gehelp om Engelse dokumente te vertaal en sy werke geïllustreer. Van 1775 af het hy vir die koninklike buskruitadministrasie gewerk aan die verfyning van die vervaardigingsproses van buskruit.

Claude Louis Berthollet was een van sy studente.

Die politiek en sy dood

[wysig | wysig bron]

Vanweë sy regstudies het Lavoisier by die politiek betrokke geraak. Daardeur het hy op 26 werk by 'n Ferme Général, of "algemene plaas", werk gekry. Dit was 'n staatsbedryf wat baie winsgewend maar ook gehaat was weens die belastings wat gehef is. Lavoisier het probeer om die geld- en belastingstelsel te hervorm. In sy werk vir die Franse (koninklike) owerhede het hy deelgeneem aan die ontwikkeling van die metrieke stelsel om die eenvormigheid van mate en gewigte in Frankryk te bewerkstellig.

Hy was een die 28 vernaamste belastinggaarders van die ou bedeling. In 1794, tydens die Franse rewolusie, is dit teen hom gebruik en is hy ter dood veroordeel. Jean-Paul Marat, 'n fanatieke en invloedryke rewolusionêr (en minder suksesvolle wetenskaplike) het hom as "vyand van die rewolusie" aangekla, moontlik omdat Lavoisier een van Marat se ontdekkings verwerp het. Net anderhalf jaar ná sy dood het die Franse regering teenoor Lavoisier se vrou erken dié veroordeling was ongeregtig.

Ontdekkings

[wysig | wysig bron]

Lavoisier se eksperimente was die eerste skeikundeproefnemings wat werklik kwantitatief uitgevoer is. Hy het bewys wanneer ’n stof ’n chemiese reaksie ondergaan, bly die totale hoeveelheid massa van begin tot einde dieselfde. Hy het fosfor en swael verbrand en bewys die produkte van die chemiese reaksie weeg meer as die afsonderlike stowwe, maar dat die styging in die gewig van die stowwe gelyk is aan die daling in die gewig van die lug. Dit het die grondslag gevorm van die massabehoudswet en het die vroeëre flogistonteorie weerlê.

Een van sy belangrikste prestasies is die formulering van die beginsel van verbranding. Hy het met sy eksperimente aangetoon dat verbranding ’n proses is waarby ’n materiaal met suurstof reageer. Hy het ook die rol van suurstof by die asemhaling van mense en diere bewys en aangetoon dat asemhaling in wese die stadige verbranding van organiese materiaal is waarby ingeasemde suurstof gebruik word.

Hy het ook ontdek dat water nie ’n element is soos voorheen gedink is nie, maar ’n stof wat uit waterstof en suurstof bestaan.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Bailly, J.-S., "Secret Report on Mesmerism or Animal Magnetism", International Journal of Clinical and Experimental Hypnosis, Vol. 50, No. 4, (Oktober 2002), pp. 364–368. doi:10.1080/00207140208410110
  • Berthelot, M. (1890). La révolution chimique: Lavoisier. Paris: Alcan.
  • Catalogue of Printed Works by and Memorabilia of Antoine Laurent Lavoisier, 1743–1794... Exhibited at the Grolier Club (New York, 1952).
  • Daumas, M. (1955). Lavoisier, théoricien et expérimentateur. Paris: Presses Universitaires de France.
  • Donovan, Arthur (1993). Antoine Lavoisier: Science, Administration, and Revolution. Cambridge, England: Cambridge University Press.
  • Duveen, D.I. and H.S. Klickstein, A Bibliography of the Works of Antoine Laurent Lavoisier, 1743–1794 (London, 1954)
  • Franklin, B., Majault, M.J., Le Roy, J.B., Sallin, C.L., Bailly, J.-S., d'Arcet, J., de Bory, G., Guillotin, J.-I. & Lavoisier, A., "Report of The Commissioners charged by the King with the Examination of Animal Magnetism", International Journal of Clinical and Experimental Hypnosis, Vol.50, No.4, (October 2002), pp. 332–363. doi:10.1080/00207140208410109
  • Grey, Vivian (1982). The Chemist Who Lost His Head: The Story of Antoine Lavoisier. Coward, McCann & Geoghegan, Inc. ISBN 9780698205598.
  • Guerlac, Henry (1961). Lavoisier – The Crucial Year. Ithaca, New York: Cornell University Press.
  • Holmes, Frederic Lawrence (1985). Lavoisier and the Chemistry of Life. Madison, Wisconsin: University of Wisconsin Press.
  • Holmes, Frederic Lawrence (1998). Antoine Lavoisier – The Next Crucial Year, or the Sources of his Quantitative Method in Chemistry. Princeton University Press.
  • Jackson, Joe (2005). A World on Fire: A Heretic, An Aristocrat And The Race to Discover Oxygen. Viking.
  • Johnson, Horton A. (2008). "Revolutionary Instruments, Lavoisier's Tools as Objets d'Art". Chemical Heritage Magazine. 26 (1): 30–35.
  • Kelly, Jack (2004). Gunpowder: Alchemy, Bombards, & Pyrotechnics. Basic Books. ISBN 978-0-465-03718-6.
  • McKie, Douglas (1935). Antoine Lavoisier: The Father of Modern Chemistry. Philadelphia: J.P. Lippincott Company.
  • McKie, Douglas (1952). Antoine Lavoisier: Scientist, Economist, Social Reformer. New York: Henry Schuman.
  • Poirier, Jean-Pierre (1996). Lavoisier (English uitg.). University of Pennsylvania Press.
  • Scerri, Eric (2007). The Periodic Table: Its Story and Its Significance. Oxford University Press. ISBN 978-0-19-530573-9.
  • Smartt Bell, Madison (2005). Lavoisier in the Year One: The Birth of a New Science in an Age of Revolution. Atlas Books, W.W. Norton.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]