Gaan na inhoud

Alcide De Gasperi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Alcide De Gasperi
Alcide De Gasperi
Alcide De Gasperi in 1950

30ste Eerste Minister van Italië
Ampstermyn
10 Desember 1945 – 17 Augustus 1953
President Enrico De Nicola
Luigi Einaudi
Monarg Umberto II
Victor Emmanuel III
Voorafgegaan deur Ferruccio Parri
Opgevolg deur Giuseppe Pella

Voorsitter van die Europese Parlement
Ampstermyn
1 Januarie 1954 – 19 Augustus 1954
Voorafgegaan deur Paul-Henri Spaak
Opgevolg deur Giuseppe Pella

Minister van Buitelandse Sake
Ampstermyn
26 Julie 1951 – 17 Augustus 1953
Voorafgegaan deur Carlo Sforza
Opgevolg deur Giuseppe Pella
Ampstermyn
12 Desember 1944 – 18 Oktober 1946
Eerste minister Ivanoe Bonomi
Ferruccio Parri
Voorafgegaan deur Ivanoe Bonomi
Opgevolg deur Pietro Nenni

Minister van Binnelandse Sake
Ampstermyn
14 Julie 1946 – 2 Februarie 1947
Voorafgegaan deur Giuseppe Romita
Opgevolg deur Mario Scelba

Voorlopige Staatshoof van Italië
Ampstermyn
18 Junie 1946 – 28 Junie 1946
Voorafgegaan deur Umberto II
Opgevolg deur Enrico De Nicola

Minister van die Italiaanse Afrika
Ampstermyn
10 Desember 1945 – 19 April 1953
Voorafgegaan deur Ferruccio Parri
Opgevolg deur Amp afgeskaf

Persoonlike besonderhede
Gebore Alcide Amedeo Francesco De Gasperi
(1881-04-03)3 April 1881
Pieve Tesino, Tirol, Oostenryk-Hongarye
Sterf 19 Augustus 1954 (op 73)
Borgo Valsugana, Trentino
Politieke party UPPT (1906–1920)
PPI (1920–1926)
Onafhanklik (1926–1943)
DC (1943–1954)
Eggenoot/-note Francesca Romani (1894–1954; sy dood)
Kind(ers) 4
Alma mater Universiteit van Innsbruck
Universiteit van Wene
Religie Rooms-Katolieke Kerk

Alcide Amedeo Francesco De Gasperi (; 3 April 1881, Pieve Tesino – 19 Augustus 1954, Borgo Valsugana) was 'n Italiaanse staatsman. Hy was die Eerste minister van Italië van 1945 tot 1953 in agt verskillende regerings en president van die Parlementêre Assemblee, wat later die Europese Parlement geword het.[1]

Sy geboortestreek – nou Trentino-Alto Adige – was 'n deel van die Oostenryks-Hongaarse dubbelmonargie wat nogtans Italiaans gepraat het. Hy het in Wene filologie gestudeer, lid van die katolieke studentebeweging geword en raak as 'n goeie bemiddelaar bekend. Hy word joernalis vir La Voce Cattolica in Trentino. Hierdie gebied word in 1918 by Italië ingelyf. Hierdeur verkry hy Italiaanse burgerskap en in die volgende jaar help hy om die Partito Popolare Italiano (PPI) te stig.[1]

Fascisme

[wysig | wysig bron]

In 1921 word hy lid van die parlement, maar die fasciste kom aan bewind en hy word in 1927 'n politiese gevangene. Ná 18 maande kry hy in die Vatikaanstad asiel en werk hy 14 jaar lank in die biblioteek daar.[1]

Heropbou

[wysig | wysig bron]

Sy Idee Ricostruttive (gedagtes vir heropbou) word die manifes van die Partito Democrazia Cristiana, die Christendemokratiese Party wat in 1943 in die geheim opgerig word. Ná die Tweede Wêreldoorlog en die einde van die fascistiese bewind word hy Eerste Minister in 1945. Hy word die oorheersende persoon van die naoorlogse tydperk van Italië. Regerings word gevorm en val weer, maar hy bly in agt kabinette die eerste minister van 1945 tot 1953. Dit word na hom die Gasperi-tydperk genoem.[1]

Europa

[wysig | wysig bron]

De Gasperi was nes Monnet en Schuman 'n oortuigde voorstander van die noodsaak van Europese samewerking en eenwording. Hy reageer skielik op die Schumanverklaring van 1950 en die volgende jaar was Italië een van die ses lande wat deelneem aan die supranasionale eksperiment van die Europese Gemeenskap van Steenkool en Staal. Hy word die tweede president van die Parlementêre Assemblee en beywer hom vir die uitbreiding van die Europese projek na ander gebiede as net steenkool en staal. Dit resulteer in die Verdrag van Rome in 1957, maar De Gasperi het dit nie meer meegemaak nie, omdat hy in 1954 dood is.[1]

Verwysings

[wysig | wysig bron]