30 Desember
Voorkoms
<< | Desember 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
30 Desember is die 364ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (365ste in skrikkeljare). Daar volg nog 1 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1370 – Pous Gregorius XI volg Pous Urbanus V op.
- 1407 – Pous Gregorius XII benoem sy neef Gabriele Condulmer (later Pous Eugenius IV) as biskop van Sienna.
- 1797 – Pous Pius VI publiseer Christi Ecclesiae met reëlings vir 'n konklaaf.
- 1853 – Gadsden Purchase: Die Verenigde State koop 30 000 vierkante myl land suid van die Gilarivier en wes van die Rio Grande by Mexiko vir VS$10 miljoen.
- 1880 – Paul Kruger word die President van die Transvaalse Republiek.
- 1947 – Koning Michael word geforseer om te abdikeer ná Roemenië 'n Volksrepubliek word.
- 1959 – Die USS George Washington (SSBN-598) word in diens gestel, Amerika se eerste ballistiese kernaangedrewe duikboot.
- 1965 – Ferdinand Marcos word President van die Filippyne.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 39 – Titus, Romeinse keiser († 81).
- 1371 – Wasili I van Moskou, Grootprins van die Rjoerik-dinastie († 1425)
- 1756 – Paul Wranitzky, Morawiese komponis († 1808).
- 1819 – Theodor Fontane, Duitse skrywer en joernalis († 1898).
- 1865 – Rudyard Kipling, Engelse skrywer en digter († 1936).
- 1871 – J.H.H. de Waal, regsgeleerde, taalman en politikus († 1937).
- 1942 – Anne Charleston, Australiese aktrise.
- 1942 – Fred Ward, Amerikaanse akteur († 2022).
- 1961 – Sean Hannity, Amerikaanse televisieaanbieder en konserwatiewe politieke kommentator.
- 1963 – Mike Pompeo, 70ste Minister van Buitelandse Sake van die Verenigde State.
- 1969 – Toks van der Linde, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en tv-geselsprogramaanbieder.
- 1971 – Peter Buwalda, Nederlandse skrywer en rubriekskrywer.
- 1973 – Maureen Flannigan, Amerikaanse aktrise.
- 1975 – Tiger Woods, beroemde Amerikaanse gholfspeler.
- 1980 – Eliza Dushku, Amerikaanse aktrise.
- 1996 – Stephanie Del Valle, Puerto Ricaanse musikant, model en skoonheidskoningin (Mej Wêreld 2016).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 274 – Pous Felix I, die 26ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1591 – Pous Innocentius IX, die 230ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1519).
- 1644 – Jan van Helmont, 'n Vlaamse chemikus, fisioloog en medikus ( 1580)
- 1731 – Guillaume Chenu de Chalezac, Franse avonturier (* 1672).
- 1875 – Adam Kok III, leier van die Griekwas (* 1811)
- 1932 – Daisy de Melcker, moordenares word gehang (* 1886).
- 1947 – Alfred North Whitehead, filosoof, fisikus en wiskundige (* 1861).
- 1971 – Albertus van Rhyn, Suid-Afrikaanse onderwysman, koerantredakteur, politikus en ambassadeur (* 1890).
- 1989 – Etienne Leroux, Afrikaanse skrywer (* 1922).
- 2001 – Wahjoe Sardono Indonesiese akteur, komediant en dosent (* 1951).
- 2006 – Saddam Hussein, voormalige leier van Irak (* 1937).
- 2023 – Tom Wilkinson, Engelse akteur (* 1948).
- 2023 – John Pilger, Australiese joernalis, skrywer, geleerde en dokumentêre rolprentmaker (* 1939).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- José Rizaldag in die Filippyne.
- Feesdag van Pous Felix I in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 30 December. |