25ste eeu v.C.
Voorkoms
Die 25ste eeu v.C. het geduur van 2500 tot 2401 v.C.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- Omstreeks 2900-2334 v.C.: Die Mesopotamiese oorloë van die Vroeë Dinastie.
- Omstreeks 2500 v.C.: Rys word bekend gestel in Maleisië.
- Omstreeks 2500 v.C.: Ontwikkeling van die Hipogeum van Ħal-Saflieni by Paola, Malta.
- Omstreeks 2500 v.C.: Die Valleitempel van Chafra word in Giza gebou.
- Omstreeks 2494 v.C.: Die einde van die 4de Dinastie in Antieke Egipte en die begin van die 5de Dinastie.
- 2492 v.C.: Die tradisionele datum van die stigting van die Armeense volk.
- Omstreeks 2450 v.C.: Die einde van die Vroeë Dinastie IIIa en die begin van die Vroeë Dinastie IIIb in Sumer.
- Omstreeks 2400-2200 v.C.: Die bou van Stonehenge.
- Suidoos-Spanje word bevolk vanaf die Middellandse See.
Belangrike mense
[wysig | wysig bron]- 2492 v.C.: Hayk stig Armenië.
- 2491 v.C.: Die mitiese Chinese keiser Zhuanxu.
- 2490 v.C.: Menkaoera is farao in Antieke Egipte.
- 2475 v.C.: Sjepseskaf is farao.
- 2465 v.C.: Oeserkaf is farao.
- 2458 v.C.: Sahoere is farao.
- 2446 v.C.: Neferirkare is farao.
- 2426 v.C.: Sjepseskare is farao.
- 2419 v.C.: Neferefre is farao.
- 2416 v.C.: Nioeserre is farao.