Gaan na inhoud

13de Dinastie van Egipte

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die 13de Dinastie van Antieke Egipte (ook Dinastie XIII geskryf) het 154 jaar geduur,[1] van omstreeks 1803 tot 1649 v.C.. Dit word meestal saam met die 11de, 12de en 14de Dinastie beskou as die tyd van die Middelryk. Soms word van die 13de tot die 17de Dinastie beskou as die Tweede Oorgangstydperk.

Die 13de Dinastie word beskou as ’n direkte voortsetting van die 12de Dinastie; sy eerste farao was vermoedelik die seun van Amenemhat IV.[1] Kim Ryholt stel voor die oorgang tussen die twee dinastieë weerspieël die opkoms van die onafhanklike 14de Dinastie in die Oos-Delta, en dit het moontlik gedurende Sobekneferoe se bewind gebeur.[1] As direkte erfgename van die konings van die 12de Dinastie het die farao's van die 13de Dinastie van Memphis af oor Middel- en Bo-Egipte regeer. Die mag van die dinastie het progressief afgeneem gedurende die een en ’n half eeu van sy bestaan, en dit is eindelik beëindig net die verowering van Memphis deur die Hyksos-heersers van die 15de Dinastie, omstreeks 1650 v.C.[1]

Heersers

[wysig | wysig bron]

In latere dokumente word die era gewoonlik beskryf as ’n tydperk van wanorde. Dit kon egter vreedsamer gewees het as wat vroeër gedink is omdat die sentrale regering regdeur die dinastie in Itjtawy gebly het en die land relatief stabiel was. Ongelukkig is die ware chronologie van die heersers moeilik om te bepaal, want min monumente dateer uit dié periode. Baie van die konings se name is net bekend uit fragmente van inskripsies. Die bekendstes was:[1][2]

Farao Graf Notas
Sechemre Choetawy Sobechotep I In ’n piramide by Abydos[3] Algemeen aanvaar as die stigter van die dinastie,[4][5] of in ouer studies Wegaf.
Sonbef Dalk die seun van Amenemhat IV en die broer van Sechemre Choetawy Sobechotep.[4]
Nerikare
Sechemkare Amenemhat V
Ameny Qemaoe
Hotepibre[6] Dalk dieselfde as Sehotepibre in die Turynse Koningslys
Ioefni Net bekend uit die Turynse Koningslys
Amenemhet VI
Semenkare
Sehetepibre
Sewadjkare I Net bekend uit Turynse Koningslys
Nedjemibre Net bekend uit Turynse Koningslys
Chaanchre Sobechotep II
Renseneb Amenemhat
Hor Awybre In Dahsjoer, naby Amenemhet III
Sechemrechoetawy Chabaw Dalk seun van Hor Awybre.
Djedcheperew Dalk broer van Sechemrechoetawy Chabaw.
Sebkay Dalk twee heersers, Seb en sy seun Kay.
Sedjefakare Kay-Amenemhet VII
Choetawyre Wegaf
Oeserkare Chendjer Piramide van Chendjer, Suid-Saqqara[7] Kon ook die naam Nimaatre gehad het
Imyremeshaw
Sehetepkare Intef
Seth Meribre
Sobechotep III
Neferhotep I
Menwadjre Sihathor Medeheersers saam met sy broer Neferhotep I
Sobekhotep IV Broer van Neferhotep I en Sihathor
Sobechotep V
Sobechotep VI
Wahibre Ibiaoe
Merneferre Ay Het ’n piramide gebou; ligging onbekend, dalk naby Memphis.[8] Bewind 23 jaar, die langste van die dinastie.

Bewyse van die heersers ná hierdie konings is net in Bo-Egipte gevind. Dit kan dui op die skuif van die hoofstad van Itjtawy na Thebe.[9] Daphna Ben Tor glo dit is veroorsaak deur ’n inval uit die Oos-Delta en die Memhis-streek deur Kanaänitiese heersers. Sommige skrywers beskou dit as die einde van die Middelryk en die begin van die Tweede Oorgangstydperk.[9]

Farao Graf Notas
Merhotepre Ini Ook bekend as Ini I
Sanchenre Sewadjtoe
Mersechemre Ined Dalk dieselfde as Neferhotep II
Sewadjkare Hori Ook bekend as Hori II
Merkawre Sobechotep VII
[Agt konings se name verlore]
Mercheperre
Merkare Net bekend uit die Turynse Koningslys
Een koning se naam verlore
Mentoehotep V
[…]mosre
Ibi […]maatre
Hor […] […]webenre
Se[…]kare
Seheqenre Sanchptahi Uitgebeel op ’n stele waar hy offerande bring aan Ptah
[…]re
Se[…]enre

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 Kim S. B. Ryholt, The Political Situation in Egypt during the Second Intermediate Period, c.1800-1550 B.C., Museum Tusculanum Press 1997, p.197
  2. Aidan Dodson, Dyan Hilton: The Complete Royal Families of Ancient Egypt. The American University in Cairo Press, Londen 2004
  3. Stephen Adkins (7 Januarie 2014). "Pennsylvania Researchers Discover Tomb of Egypt's First King Of 13th Dynasty" (in Engels). University Herald. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018. Besoek op 8 Januarie 2014.
  4. 4,0 4,1 K.S.B. Ryholt. The Political Situation in Egypt during the Second Intermediate Period c. 1800-1550 B.C. Carsten Niebuhr Institute Publications 20. Copenhagen
  5. Darrell D. Baker: The Encyclopedia of the Pharaohs: Volume I – Predynastic to the Twentieth Dynasty 3300–1069 BC, Stacey International, ISBN 978-1-905299-37-9, 2008
  6. K.S.B. Ryholt, Hotepibre, a Supposed Asiatic King in Egypt with Relations to Ebla, Bulletin of the American Schools of Oriental Research, No. 311 (Aug., 1998), pp. 1-6
  7. Verner, Miroslav. The Pyramids: The Mystery, Culture, and Science of Egypt's Great Monuments. Grove Press. 2001 (1997). ISBN 0-8021-3935-3
  8. Labib Habachi: Khata'na-Qantir: Importance, ASAE 52 (1954) pp.471-479, pl.16-17
  9. 9,0 9,1 Daphna Ben Tor: Sequences and chronology of Second Intermediate Period royal-name scarabs, based on excavated series from Egypt and the Levant, in: The Second Intermediate Period (Thirteenth-Seventeenth Dynasties), Current Research, Future Prospects red. Marcel Maree, Orientalia Lovaniensia Analecta, 192, 2010, p. 91


Voorafgegaan deur
12de Dinastie
13de Dinastie Opgevolg deur
14de Dinastie